‘Wreek Baaitjie met stem’

2016-11-02 06:05
Mmusi Maimane, die DA-leier, het Vrydag 21 Oktober inwoners van Kuilsville, Daniëlskuil, oor dié wyk se tussenverkiesing op 9 November toegespreek. Foto: Charné Kemp

Mmusi Maimane, die DA-leier, het Vrydag 21 Oktober inwoners van Kuilsville, Daniëlskuil, oor dié wyk se tussenverkiesing op 9 November toegespreek. Foto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Kiesers in Daniëlskuil moet op 9 November in die tussenverkiesing seker maak die moord op Johannes Baaitjie, DA-raadslid, word met ’n oorweldigende meerderheid gewreek.

Só het Mmusi Maimane, die DA se federale leier, op Vrydag 21 Oktober aan inwoners van Kuilsville in sy verkiesingsveldtog gesê.

“Eerbare Baaitjie se bloed moet die aarde voed. Die struggle teen die ANC se korrupsie moet voortgesit word,” het hy aan inwoners van wyk 2 gesê.

Baaitjie het wyk 2 as DA-kandidaat in die onlangse munisipale verkiesing gewen, terwyl wyk 1 deur die Kgatelopele Community Forum (KCF) afgerokkel is.

Albei wyke was voorheen ANC-wyke.

Die DA-KCF-koalisie beheer nou die Kgatelopele-munisipaliteit.

Baaitjie se dood het die tussenverkiesing afgedwing.

Ebrahim Sulliman is amptelik as die DA se kandidaat in wyk 2 vir die verkiesing voorgestel.

Maimane het meestal Afrikaans gepraat en gesê hy is “gatvol” vir korrupsie.

“Die ANC is nou so desperaat om uit die krippe te vreet dat hulle sal moor. Moenie vir dié tsotsi’s van die African National Corruption stem nie.

“Die mense is honger en die Noord-Kaapse premier koop kitskos vir haarself en die amptenare.

“Die korrupsie strek van Jacob Zuma tot by sy ANC-raadslede in dorpe. Hulle eet net, hulle werk nie. Hulle huil oor die tussenverkiesing, want hul bankrekenings loop leeg. Die ANC moet val.

“Die koalisie van die DA en KCF steun sterk op jul stemme. Die koalisie het beheer met die opskiet van ’n munt verkry. Daarom moet die DA die wyk ná die verkiesing met ’n oorweldigende meerderheid wen. Die dorp kan nie aan nog vyf jaar se korrupsie blootgestel word nie.

“Die dorp se finansiële gesondheid is van uiterste belang. Ons wil ’n skoon regering hierheen bring. Stem vir verandering.”

Maimane sê hy en sy party is steeds geskok oor die sinlose moord op Baaitjie en die gevolge daarvan op sy weduwee, gesin en die gemeenskap.

Hy het blomme aan Baaitjie se weduwee, Dora Baaitjie, oorhandig en haar verseker die party sal haar en haar gesin in dié moeilike tyd bystaan.

  • Die ses moordbeskuldigdes, waaronder twee ANC-ampsdraers, se borgtogaansoek is Dinsdag 25 Oktober in die hof in Postmasburg afgekeur.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.