Zama-zama-kruitvat ontplof

2017-09-20 06:00
Motoriste is Dinsdag (12/09) aangeraai om die Boshof-pad te vermy nadat onwettige delwers daar betoog het.Foto: Christiaan Cloete

Motoriste is Dinsdag (12/09) aangeraai om die Boshof-pad te vermy nadat onwettige delwers daar betoog het.Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Onwettige delwers (zama-zamas) wat hier ’n bestaan maak deur vir diamante in mynbougruis te sif, het verlede week in Kimberley amok gemaak.

Verhoudinge tussen die delwers en sekuriteitswagte van Kimberley Ekapa Mining JV, op wie se grond die delwers gruis vir diamante fynkam, is volgens Gert Klopper, kommunikasiebestuurder by Petra Diamonds Suid-Afrika, Dinsdag 12 September op die spits gedryf.

Twee wagte is aangeval nadat hulle gruis op die perseel wat Ekapa Mining JV vroeër by die De Beers-mynmaatskappy bekom het, gaan haal het om na Ekapa Mining JV se aanleg te neem.

Die gruis gaan deur ’n ­siftingsproses en is volgens Klopper ’n baie belangrike deel van die maatskappy se strategie wat hom in staat sal stel om die volgende 20 jaar nog te kan funksioneer.

Klopper sê een van die wagte is met ’n klip oor die kop geslaan en ’n ander een met ’n staalpyp.

Volgens lt.kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, het wagte met rubberkoeëls op die zama-zamas losgebrand om hulle uiteen te jaag.

Dit het tot gevolg gehad dat delwers masjinerie aan die brand gesteek het, in ’n stadium die Boshof-pad buite Kimberley met klippe versper het en verbygaande voertuie met klippe bestook het.

Die polisie se openbareorde-eenheid, die taktiesereaksie-eenheid en lede van die Kimberley-polisiekantoor is na die toneel ontbied.

Motoriste is Dinsdagmiddag 12 September aangeraai om die pad te vermy. Die situasie het mettertyd bedaar, maar brande wat vermoedelik weens die onluste ontstaan het, het van die toneel na omliggende gebiede, insluitend die Dronfield-natuurreservaat, versprei, en is daar bontgestaan om die vlamme te blus. Na bewering het 28 000 ha gebrand.

Volgens Mooi is Victor Tebogo Taku (42) en Lucky Tshepiso Seekoei (38), twee leiersfigure in die zama-zama-gemeenskap, Dinsdagaand op klagte van onder meer betreding, poging tot moord en kwaadwillige saakbeskadiging in hegtenis geneem.

Dit het tot gevolg gehad dat ’n groep van ongeveer 200 tot 300 zama-zamas na die Transvaalweg-polisiestasie in Phakamile Mabijaweg en die landdroshof opgeruk het om protes teen die inhegtenisnemings aan te teken.

Dié twee is Woensdag (13/09) laatmiddag op borgtog van R2 000 elk vrygelaat en deur landdros Dolly Mokoto aangesê om weer op 16 Oktober in die hof te wees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.