Zama-zamas eis mynregte

2016-11-09 06:00
Onwettige mynwerkers, oftewel zama-zamas, het Woensdag (02/11) in Kimberley voor die departement van minerale bronne teen hul uitsetting van myngrond betoog. Foto: Emile Hendricks

Onwettige mynwerkers, oftewel zama-zamas, het Woensdag (02/11) in Kimberley voor die departement van minerale bronne teen hul uitsetting van myngrond betoog. Foto: Emile Hendricks

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Meer as 100 onwettige mynwerkers, oftewel zama-zamas, het Woensdag (02/11) in Kimberley voor die departement van minerale bronne teen hul uitsetting van myngrond betoog.

Volgens hulle is dit ’n stryd tussen hul honger en korporatiewe hebsug.

Die organisasie Macua (Mining Affected Communities United in Action) wat namens die mynwerkers optree, dring daarop aan dat hulle as wettige mynwerkers erken word.

Macua sê hulle wil diamante myn om ’n bestaan te voer en om na hul gesinne om te sien.

Meshack Mbangula, nasionale koördineerder van Macua, sê hulle is moeg daarvoor om deur die polisie, die departement en mynmaatskappye soos De Beers, Crown Resources, Ekapa Mining, Superstone Mining en Petra Diamonds verjaag te word.

“Ons noem onsself ambagsmanne wat self myn. Die verbod op ons bedryf is in teenstelling met die regering se erkenning van die reg om te werk en jou beroep te kies.

“Ons werk al langer as 14 jaar op diamantryke grond in Kimberley. Ons word deur hebsugtige maatskappye geteister wat beweer die grond behoort aan hulle. Vir ons is dit nou ’n stryd tussen honger en hebsug.

“Ons belê in ons ondernemings en bestee geld aan toerusting. Dit word deur die maatskappye en die polisie afgeneem. Daar is nie werk daar buite nie. Hulle beroof ons van ’n geleentheid om ’n inkomste te verdien.

“Ons is kwaad, omdat die departement van minerale bronne nie sy beloftes nakom nie. Hy het afskrifte van ons ID-dokumente geneem om ons te help om as mynmaatskappye te registreer om mynregte te verkry.

“Dit was ’n jaar gelede en niks het intussen gebeur nie. Ons vermoed ons name word aan die hebsugtige maatskappy gegee om ons te vernietig. Ons word met interdikte verjaag, terwyl ons eintlik probeer om uit armoede en werkloosheid te ontsnap.

“Die myne het slegs ondergrondse mynregte. Ons myn op die grondoppervlak, nie op die myne se uitskot of ou mynhope nie.”

Macua sê die regering dwing myne nie om voor die aanvang van mynbedrywighede geld in ’n trustfonds vir rehabilitasie te betaal nie.

Sunday Mabaso, streekbestuurder van die departement, het die griefskrif ontvang en daarvoor geteken en beloof om binne 14 dae terugvoer te gee.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.