Zoey se ouers skenk aan kinders

2017-07-19 06:05
Jo-Ann en Edward Beckmann, wie se oorlede dogter, Zoey, Vrydag drie jaar oud sou word, het koek en geskenke by die Christina Kiddie-kindersorgsentrum in Kimberley uitgedeel.                                     Foto: Charné Kemp

Jo-Ann en Edward Beckmann, wie se oorlede dogter, Zoey, Vrydag drie jaar oud sou word, het koek en geskenke by die Christina Kiddie-kindersorgsentrum in Kimberley uitgedeel. Foto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die egpaar wie se dogtertjie vroeër vanjaar in die Kimberley-hospitaal aan septisemie dood is, het Vrydag (14/07) haar derde verjaardag saam met weeskinders en behoeftige kinders gevier.

Edward en Jo-Ann Beckmann, asook hul vriende en familie, het koek, klere, speelgoed en geskenke aan twee tehuise vir behoeftige kinders en kinders in ’n woonwapark uitgedeel.

Carine Beylefeld het soos Minnie Muis aangetrek en stories vir die kinders gelees.

Die egpaar en hul gevolg het eerste by die Christina Kiddie-kinderjeugsorgsentrum ingeloer.

“Zoey het altyd gevra ek moet huilende kinders gaan troos. Hoewel sy self siek was die dag voor haar dood, het sy gesê ek moet die ander kinders gaan troos.

“Zoey sou graag wou hê dat ek haar verjaardag met ander maatjies moet deel.

“Ek was baie opgewonde toe ons die dag gereël en ’n borgskap van ’n skryfbehoeftekettinggroep gekry het. Hulle het die speelgoed geskenk.

“Ek is emosioneel op my kind se verjaardag.

“ ’n Mens kry jou goeie en slegte tye. Ek staan egter sterk en hou myself besig sodat ek nie heeldag oor haar tob nie,” vertel Jo-Ann.

Die egpaar het Zoey se gunstelingteestel vir die kinderhuis gegee.

Die Beckmann-egpaar onderhandel met die Kimberley-hospitaal om Zoey se mediese lêer te kry.

Jo-Ann het haar boek My Zoey: Kinderhartjie onder ’n hopie grond, al begin nadat haar eerste dogter, Nehemia, in Januarie 2010 doodgebore is.

Jo-Ann staan nou ander ma’s by wat hul kinders verloor het.

“Ek onderskraag emosionele vroue wat in my situasie is. Saam probeer ons sterk wees en daagliks voortgaan,” sê Jo-Ann.

Freda Meiring, bestuurder by die Christina Kiddie-kindersorgsentrum, sê hulle is dankbaar vir die skenking.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

Weird things dogs do

Caught your dog doing something... well a little bit odd? Don’t worry, there’s a simple explanation for his behaviour.

 
 

Paws

Makeover saves dog’s life
For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.