19 Voertsek-Ford resies teen vliegtuig

2016-03-03 06:00
Colin Dettmann by sy Falke-vliegtuig saam met Lourens Kruger, Tiaan Geyer, wat agter die stuur van die 1929 Ford gaan inklim. Foto: HEILIE COMBRINCK

Colin Dettmann by sy Falke-vliegtuig saam met Lourens Kruger, Tiaan Geyer, wat agter die stuur van die 1929 Ford gaan inklim. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

1929. Die grasaanloopbaan lê uitgestrek. Wind met ’n veld-varsheid waai deur my hare soos die speekwiele spoed optel. ’n Fliekgreep uit Casablanca?

Nee, 1929 is die jaartal van die Ford Model A, ’n ou staatmaker wat doerie jare die Afrika-veld kon kafdraf. Vandag, bykans ’n 100 jaar later, moet dié outjie wéér sy staal wys – nié op een of ander safari nie, maar teen ’n 1940 SF25 Motor Falke-vliegtuig.

Die oefenlopie op die aanloopbaan was om die Ford se ysterkeel skoon te kry vir die groot dag. As jy die klein ronde petrolpedaal, tussen die rem en koppelaar, intrap kán die statige ou 3.4 liter Ford maklik 75mph (120km/h) haal. Maar, sê Colin Dettmann, eienaar van beide die veteraan motor en vliegtuig, die remproses teen daardie spoed vat effens langer as in nuwerwetse voertuie.

Kortliks kom dié resies (te sien by Uitenhage se Wings & Wheels-fees hierdie naweek) daarop neer dat beide die Fordjie en die Falke in (omdraai) rondes op die Uitenhage-aanloopbaan resies teen mekaar gaan jaag – die Fordjie wat spoedvlamme op die grond moet spoeg terwyl die Falke, hoog in die lug, ook gaan uithaal en wys.

Natuurlik vlieg ’n vliegtuig vinniger as wat ’n 1929 Ford kan ry, maar sê die kenners, die groot ding kom by die omdraaie..

Kom kyk maar self hierdie naweek hoe dit gaan werk. Dié kragmeting, as een tussen ’n vuurwarm V8 Porche en Whisper vliegtuig, is alles deel van die Doug Davidson herdenking-lugskou tydens Wings & Wheels-fees op die Uitenhage-vliegveld.

Benwens dié unieke motor-vliegtuigresies, kan besoekers ook aan ’n veldwedloop en pretdraf Vrydag 18:00 deelneem en Saterdag-oggend onderskeidelik ’n 5-, 10- of 30km bergfietsresies aanpak. En ja, daar is selfs ’n spesiale honde-stap!

“Dit is ’n gesinsfees wat in elke besoekersbehoefte,” som Lourens Kruger, een van die organiseerders die jaarlikse Wings & Wheels fees en Doug Davidson herdenking-lugskou op.

In die gees van goeie gemeenskapsvermaak is die Uitenhage Dierebeskermingsvereniging en die Oosterland Jeugsentrum die finansiële begunstigdes van dié fees.

Danny Jordaan, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, word Saterdag 09:00 met ’n R22 helikopter van John Huddlestone ingevlieg om die fees te open. Daarna sal alle oë hemelwaarts keer wanneer Stu Davidson met sy L39 straler die lugruim inklief. In die eerste uur van die drie ure lugskou sal 6 van die Suid-Afrikaans vervaar-digde Sling-vliegtuie sowel as 12 van Algoa Flying Club te sien wees. Twee Cirrus-vliegtuie vanaf Johannesburg, sowel as ’n Mustang, Seafury, Sukoi, girokopters, helikopters, sweeftuie en heelwat ander unieke vliegtuie sal ook in aksie te sien wees.

Hou maar die oë oop vir die lugtruuks van die Suid-Afrikaanse kunsvliegkampioene Patrick Davidson en Nigel Hopkins.

Nog ’n asem-ophou belewenis is die grondvreter kragkarre wat op die nuwe ekstreem-baan uit gate gaan klim en oor hindernisse gaan ry asof dit ’nalledaagse ding is. Kyk maar uit vir manne soos Karel Spangenberg in sy V8 monster-masjien, Chaos.

En dan is daar 4x4-behendigheid in die kleine... Jip, radiobeheerde 4x4’s, met hul eie bane en vlaggies kompleet!

Dan is daar nóg ’n grote... die veteraanmotoroptog Saterdagoggend 07:00 wat by die VW PeoplePavilion wegspring.

Vir inligting oor die bergfietswedren en veld-wedloop bel Jenny Meyer by 084 959 0821. Meer oor die fees kan gehoor word by Lourens Kruger by 082 320 2615 of gaan loer by www.wingsandwheelsfestivaluitenhage.co.za

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.