29 in hof ná geweld teen polisielede

2017-08-17 06:05

ALTESAME 29 inwoners van die Oos-Kaapse dorp Louterwater het verlede Donderdag in die Humansdorp-landdroshof verskyn nadat hulle Maandag en Dinsdag die polisie met klippe bestook, ’n pad met brandende bande versper en ’n winkel geplunder het.

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê hul gewelddadige optrede het verband gehou met die polisie se weiering om ’n roofverdagte aan hulle te oorhandig.

Volgens Swart het twee verdagtes Maandag na bewering ’n winkel in Louterwater beroof.

“ ’n Inwoner het een van die verdagtes (25) kort ná die rooftog aangekeer en hom na die polisie geneem. Terwyl die lede nog op die toneel besig was, het gemeenskapslede buite die onderneming geweier dat die verdagte aangehou word en het geëis dat hy aan hulle oorhandig word.”

Volgens Swart het die polisie probeer om die mense tot bedaring te bring, terwyl ander polisielede die verdagte na die polisiekantoor geneem het.

“Toe die inwoners agterkom dat die verdagte nie meer daar is nie, het hulle gewelddadig geraak en het begin om die polisie en polisievoertuie met klippe te bestook. ’n Polisielid is beseer.

“Gemeenskapslede het na bewering drie polisievoertuie omgegooi. Hulp van naburige polisiekantore is ingeroep om die situasie onder beheer te bring.”

Swart sê die gemeenskapslede het voortgegaan met die klipgooiery waarna die polisie met rubberkoeëls op hulle geskiet het. Elf voertuie is in die voorval beskadig.

“Die gemeenskap het die R62-deurpad met klippe en brandende bande versper en die polisie se eenheid vir openbare orde is vir bystand ingeroep. Twaalf verdagtes tussen die ouderdomme van 20 en 43 jaar oud is op ’n aanklag van openbare geweld in hegtenis geneem.

“Gemeenskapslede het die volgende dag na bewering na die R62 teruggekeer en die pad weer met klippe versper.”

Volgens Swart het sommige inwoners daarna ’n winkel by die R62 geplunder. “Die polisie het vinnig opgetree en nog 17 verdagtes tussen 17 en 54 jaar oud in hegtenis geneem.

Sy sê 21 van die verdagtes bly in aanhou-ding. Die saak is tot 17 Augustus uitgestel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.