Amerikaner in Tsitsikamma verkrag

2015-06-18 06:00

SNUFFELHONDE is Maandag ingespan om die terrein te fynkam nadat ’n Amerikaanse vrou (47) Sondag in die Tsitsikamma Nasionale Park verkrag is.

’n Spesiale sperm-snuffelhond is onder meer uit Oos-Londen na die gebied gebring.

Die vrou is deur twee mans – glo onwettige hengelaars – verkrag.

Piuz Guns, bestuurder van Misty Mountains-oord reg langs Dolphin View, sê hy het Vrydag nog per e-pos met die vrou oor verblyf gekommunikeer. “Sy was ’n vriendelike mens wat dit nie verdien het nie.”

Hy sê dit is die eerste keer dat só iets in dié gewoonlik vreedsame gebied gebeur.

Dié ma van twee, wie se naam in dié sta- dium nie genoem mag word nie, het in die Dolphin View-selfsorgeenhede, aangrensend aan die nasionale park, tuisgegaan.

Sy het ’n ent alleen op een van die wandelroetes in die park gaan draf toe twee mans (25 en 26) met visstokke haar omstreeks 12:00 nadergewink het. Sy het aangehou draf, maar is deur haar aanvallers ingehardloop, die nabye bosse ingesleep en toe deur albei verkrag.

Die vrou, ’n onderwyser aan ’n Amerikaanse skool in Gauteng, het glo Saterdag met haar twee seuns hier aangekom om Tsitsikamma se wandelroetes te verken.

Die aanval het in die gebied van ’n voetslaanroete in die park gebeur. Direk ná die voorval het sy haar terug gehaas na Dolphin View vir bystand.

“Ons was geskok toe sy ons kom vertel wat gebeur het, maar sy was baie kalm. ’n Mens kon sien sy is iemand wat weet hoe om sterk te bly te midde van moeilike situasies,” sê ’n werknemer by dié oord. “Ons het onmiddellik die sekuriteit en toe die polisie in kennis gestel.”

Beamptes van die Stormsrivier-polisie het dadelik met hul soektog na die verdagtes begin.

Die vrou se beskrywing van die mans se identiese tatoeërmerke (die polisie wou nie meer besonderhede hieroor gee nie) het glo tot gevolg gehad dat die polisie twee verdagtes binne enkele ure (19:30 Sondag) kon aankeer.

Sy is ná haar aanval met ligte beserings in die Knysna-hospitaal opgeneem. Kort ná haar ontslag het sy op die eerste vlug na Johannesburg geklim.

“ ’n Saak van verkragting word ondersoek. Die verdagtes het Woensdag in die Stormsrivier-landdroshof verskyn.

Volgens Reynold Thakuli, ’n Sanparke-woordvoerder, word die park se staptogte gewoonlik deur toergidse begelei, hoewel daar gebiede is wat besoekers alleen mag aandurf.

“Ons moedig besoekers aan om eerder met geselskap te beweeg. Misdrywe van dié aard is regtig tragies en het beslis ’n negatiewe impak op ons parke en toerisme in geheel,” meen hy.

“Ons wens die slagoffer sterkte toe.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/World

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.