Appelskiet-kompetisie sorg vir groot pret

2015-10-01 06:00
Die jaarlikse Appelskiet-kompetisie het vanjaar deelnemers van George, Humansdorp, Port Elizabeth, Oudtshoorn en omgliggende gebiede gelok.                               
Foto:
VERSKAF

Die jaarlikse Appelskiet-kompetisie het vanjaar deelnemers van George, Humansdorp, Port Elizabeth, Oudtshoorn en omgliggende gebiede gelok. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SKIET-entoesiaste van regoor die Oos- en Wes-Kaap het onlangs op die plaas, Tulpies-kraal in Joubertina toegesak om mededingers presies te wys waar Dawid die wortels - of eerder - appels begrawe het.

Die vyftiende jaarlikse Appelskiet-kompe-tisie, aangebied deur die Langkloof Skietklub, het vanjaar deelnemers van George, Humansdorp, Port Elizabeth, Oudtshoorn en omgliggende gebiede gelok wat hul slag op die skietbaan kom wys het. Volgens Wicus Linde, sekretaris van die skietklub, is dié kompetisie een van die grootste geleenthede wat hulle as klub aanbied. Die klub is in 2001 gestig en spog met meer as 110 lede. “Die kompetisie het ’n nederige begin gehad, maar groei jaarliks teen ’n geweldige tempo,” sê Linde.

Linde sê die toernooi bestaan uit 900 punte en daar word vanuit verskillende posisies geskiet: sit, staan, dooierus en lê. “Elke skuts skiet vyf rondtes na sy gemerkte teikens. Elke baan is uniek uitgesit en daar is verskillende tipe teikens wat wissel van ’n appel op ’n riet, teikens met diere op soos hulle in die natuur voorkom, valplate, ’n vlakvark op ’n kabel en ’n springbok met twee balonne.

“Wat die verskillende bane interessant maak, is dat niemand die afstande van die teikens ken nie en niemand mag die afstande met ’n range finder bepaal nie. Al die teikens word op ’n afstand van tussen 30m en 300m geplaas.”

Die dag is deur die borge moontlik gemaak: Platinum - Trelleborg en Wenkem; Goud - Braam’s Toyota, Carlu Trekkers, JP Spears, Mpact, Nutrico en Speedy Joubertina; Silwer - Aandamp;N Diesel, Anton Oosthuisen Bouers, Barnie’s Enjin Herbouers, Bokmakierie Slaghuis, Ceres Fruit Processors, Die Ko-op Louterwater, Fruit Route, Giraffe Boederdery, Granor Passi, Idea Fruit, Klopak, Klopackaging, Office Solutions, Parts Inc (Midas George), Renard Oelofsen en Tulpieskraal Boerdery.

Vir meer inligting of om volgende jaar deel te neem, skakel Linde by 082 776 3486.

Vanjaar se kompetisie-wenners is:

Jaggeweer: Mans

1. Jaco Brink (785,5)

2. Steward Riddle (745,5)

3. Marsel Jacobs (697,5)

Jaggeweer: Vroue

1. Juanita van Zyl (445,5)

2. Tanya Wasserman (445)

3. Mariska Herselman (440)

Seniors

1. Arthur Linford (515)

2. Nico Bezuidenhoud (400)

3. Rey Rademeyer (375)

Juniors

1. Mathew Carlse (470)

2. Joshua Cawood (425)

3. Leasje Wasserman (395)

.22 Skiet Junior o.16

1. Amile Goedhals

2. Johan Muller Junior

3. Douw Linde

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.