Boere optimisties ná goeie reën

2015-04-30 17:14

ONDANKS ’n waarskuwing oor moontlike swaar neerslae aan die kusgebiede en aangrensende binneland wat tot Sondagaand vir die Oos-Kaap gegeld het, is boere in die provinsie verheug oor die reën.

Casper Labuschagne, voorsitter van die Oos-Kaapse tak van die nasionale wolkwekersvereniging (NWKVOK), sê boere is baie bly en dankbaar. Dit is nou lusernplanttyd en hy kan al in sy gedagte die gedreun van die trekkers hoor wat die lande omploeg om dit gereed te kry vir die saad.

“Ons kan die somer nou met ongekende optimisme tegemoetgaan, want Januarie was ons gewaarsku dat die volgende somer ’n droë een sou wees. Nou kan ons die winter deurgaan in afwagting van groen karoobossies, groter lammeroeste, beter gehalte wol en groter opbrengste, alles as gevolg van hierdie wonderlike reëns voor die winter,” sê Labuschagne.

Pierre Joubert, hoofbestuurder van die Gamtoosbesproeiingsraad, sê boere juig behoorlik en is baie dankbaar oor die reën, want hulle spaar geweldig baie water as die hemelsluise ooptrek.

“Die boere in die Gamtoosvallei beskik oor gesofistikeerde besproeiingstoerusting, maar die reënwater maak ’n besliste verskil aan die hoeveelheid water wat hulle kan bespaar. Daar was ook neerslae in van die opvanggebiede van die damme, insluitende die Kougadam, maar dis nog onseker of daar enige afloop na die dam sal wees,” sê hy.

Volgens Cobus de Klerk die voorsitter van die Sybokhaartelersvereniging, sal die harde buie wat op baie plekke voorgekom het sedert Donderdag, die veld grootliks kan aanhelp om voor die winter te herstel.

“Op my plaas het ek van net na middernag vanoggend (gister) 10,5 mm sagte deurdringende reën gemeet, wat baie welkom is.

“Veral die karoobossie reageer vinnig op sulke reën, hoewel gras ook kan begin bot, maar dit is nou te naby aan die winter vir dit om ten volle te herstel,” sê De Klerk gesê, en voeg by dat boere nou die winter met optimisme tegemoet kan gaan

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.