Cape Epic-bergfietstoer ‘verg alles’

2015-04-30 17:26
Melissa Swanepoel enBennie Janse van Vuuren het vanjaar vir die eerste keer in dié moordende Absa Cape Epic-bergfietsmarathon getrap. Swanepoel en Van Vuuren is deur Fritz Walters van Woodline geborg.    
Foto:
VERSKAF

Melissa Swanepoel enBennie Janse van Vuuren het vanjaar vir die eerste keer in dié moordende Absa Cape Epic-bergfietsmarathon getrap. Swanepoel en Van Vuuren is deur Fritz Walters van Woodline geborg. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DAAR is nie ’n maklike dag in die Absa Cape Epic-bergfietstoer nie.

Hiervan kan twee van Jeffreysbaai se top-bergfietsryers getuig. Bennie Janse van Vuuren en Melissa Swanepoel het vanjaar vir die eerste keer in dié moordende bergfietsmarathon getrap. Na agt dae, 748km, veel vasbyt en klippe kou, het die twee ryers nie net hul liggame tot die uiterste beproef nie, maar ’n hegte vriendskap gevorm en ’n jarelange droom bewaarheid.

Altesaam 625 spanne - 1 250 deelnemers - het op 15 Maart op die wynplaas Oak Valley by Elgin vir die twaalfde jaarlikse Cape-Epic-bergfietstoer weggespring, en slegs 513 spanne het op 22 Maart die eindstreep by die Meerendal Wynlandgoed in Durbanville oor-gesteek.

Volgens die spanmaats verg dié bergfiets- toer alles, maar die belangrikste is vriendskap en lojaliteit. Volgens hulle beteken dié eienskappe om nie jou spanmaat in die steek te laat nie - ondanks beserings, gietende reën en haas onbegaanbare paaie, is moedopgee nie ’n keuse nie; dít kom op verraad neer.

“Een van die grootste uitdagings is om as ’n span saam te ry. Die Cape Epic maak of breek vriendskappe,” sê Swanepoel.

En jy moet fiks wees. Tydens hul jaarlange voorbereiding, het hulle nagenoeg 9 000km en 420 ure op hul fietse deurgebring.

Van Vuuren sê die Cape Epic was een van die moeilikste ervarings nog. “Dit is emosio-neel baie erg - jou kop moet reg wees.

Nie eers die weermag was so erg nie,” sê hy.

“Die derde dag was vir my die ergste. My kop wou nie meer aangaan nie en ek was op die punt om tou op te gee. Melissa het deurentyd by my gebly en my moed ingepraat. Sy was my rots.

“Ons het elke oggend gebid en ons krag van God gekry.”

Voglens Swanepoel het hulle nie aan die laaste dag gedink nie. “Ons het elke dag gevat soos hy kom, en net daarop gekonsentreer om die dag se roete in die gegewe tyd te voltooi,” sê sy.

Met ’n tyd van 58 ure, 52 minute en 9 sekondes het hulle ’n 491ste plek losgetrap.

“Ons doelwit was nie om eerste te kom nie, maar om die geleentheid met albei hande aan te gryp om iets te doen wat min beskore is,” sê Swanepoel. “Ons verdien die medalje.”

Van Vuuren sê: “Die skok dat ons klaargemaak het, het eers 10 tot 20 minute later gekom - toe rol die trane sonder dat ons weet waarom.”

Volgens die ge-dugte duo is dit ’n unieke ervaring wat hulle vir niks sal verruil nie.

Dié spanmaats is dit eens dat hulle weer die Cape Epic sal aanpak . . . maar nog nie volgende jaar nie.

Van Vuuren en Swanepoel dra hulle dank oor aan hul borg, Fritz Walters, van Woodline wat die ervaring moontlik gemaak het, asook aan Jacques Herselman van Dirk Ellis Motors wat tydens die een-dag Epic by hulle aange-sluit en onderdersteun het. Hulle sê ook dankie aan hul familie en vriende vir al hul ondersteuning en ge-loof

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.