Die kat kom weer?en verdwyn na huis afbrand

2015-06-04 06:00
: 
Melanie en haar man, Leonard, het Saterdag bykans al hul besittings, waarvan baie aan haar oorlede ouers behoort het, in die brand verloor. 


Foto: 
CHRIS DE VOS

: Melanie en haar man, Leonard, het Saterdag bykans al hul besittings, waarvan baie aan haar oorlede ouers behoort het, in die brand verloor. Foto: CHRIS DE VOS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

GINA, die jong gemmerkat wat verdwyn het toe haar mense-ouers se huis in Jeffreysbaai afgebrand het, het toe Maandagoggend vlugtig kom gesigwys.

Sy het by die brandbeskadigde huis gesit en wag, met haar goue klokkie om haar nek, toe ­Melanie Micklethwaite by hul huis opdaag om na haar te soek.

Melanie en haar man, Leonard, het Saterdag bykans al hul besittings, waarvan baie aan haar oorlede ouers behoort het, in ’n brand verloor.

Hulle was bang dat die 18 maande-oue Gina nie betyds aan die vlamme kon ontvlug nie.

Leonard, wat etlike kere by die afgebrande huis gaan kyk het of Gina nie dalk daar is nie, sê hulle was deurentyd positief dat sy betyds uit die brandende huis ontsnap het.

“Vanoggend (gister) vroeg, toe ek weer vir die hoeveelste keer by die huis gaan kyk het, was Gina daar,” sê Leonard.

“Ek kon eers nie my oë glo nie, maar dit was sy, sonder enige beserings, maar verward en verwilderd.

“Die afgelope dag of wat was baie traumaties, maar ek voel nou sommer baie meer verlig,” sê hy.

Dié verligting was egter van korte duur, want skaars vyf uur later was Gina weer weg.

Hierdie keer het sy blykbaar deur die oop agterdeur ontsnap uit die vreemde huis waar haar eienaars tydelik ná die brand bly.

Die soektog na Gina het dus weer van voor af begin.

“Die brand was ’n trauma wat ons nie weer wil deurmaak nie,” het Micklethwaite gesê.

“Ons het nou weer besef daar is nog baie goeie mense, want soveel vreemdes, en bekendes, het al vir ons klere, kos en huisvesting aangebied, die trane van dankbaarheid bly baie vlak,” sê hy.

“Kort nadat die brand uitgebreek het, het bure van ons wat tans in Grahamstad bly, vir Melanie gebel en aangebied dat ons vir eers in hul huis oorkant die straat kan bly.”

Laura-Leigh Randall, woordvoerder van die Kouga-munisipaliteit, het eergister gesê die brandweer het die brand binne ’n uur geblus

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Jordaan missing in action

13 minutes ago

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.