‘Droogte staar boere in gesig’

2015-10-22 06:00

OOS-Kaapse boere kan deur uiters kritieke droogtetoestande in die gesig gestaar word as deurdringende reën nie binnekort oor die hele provinsie val nie, waarsku Doug Stern, president van Agri Oos-Kaap.

Hy sê die ontwikkelende weerstoestande kan reuse probleme veroorsaak wat voedselsekuriteit betref – nie net in die Oos-Kaap nie, maar landwyd, met voedselpryse wat baie skerp kan styg weens ’n skaarste aan produkte.

Stern sê hy was geskok toe hy tydens ’n onlangse rit na Pretoria gesien het hoe erg die droogte in die Vrystaat is.

“Ons provinsie is die enigste waar daar blykbaar nog enige groenigheid is, maar daar is duidelike tekens dat ’n erge droogte hier dreigend naby is, en ons boere moet onmiddellik daarvoor beplan en voorbereidings tref.”

In die gebiede in die Oos-Kaap wat onlangs erg deur veldbrande geteister is toe meer as 20 000 ha waardevolle veldweiding verwoes is, het daar sedertdien min of geen reën geval nie.

Casper Labuschagne, voorsitter van die Oos-Kaap se Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), sê die seisoen is tans op ’n mespunt, want as reën nou wegbly kan die volgende winter ’n baie swaar en duur een word.

“Indien ons gou reën kry, kan ons veld vinnig verbeter en sal al ons diere daarby baat. Koeie wat tans kalf, verloor sommer vinnig kondisie op die droë grasveld.”

Volgens Leon de Beer, die na­sionale hoofbestuurder van die NWKV, is daar toenemende tekens dat die land warm, droë toestande in die aanloop tot die somerseisoen sal ondervind. Hierdie toestande kan streeks- of plaaslike droogtetoestande skep.

Boere word aangeraai om me­dium tot langtermyn weervoorspellings te monitor vir die moontlike ontwi-kkeling van toestande wat huidige voorspellings mag verander of versterk.

“Die NWKV het gevolglik in reaksie ’n kategorie oor droogtebestuur op sy webwerf aangebring. Dit bevat artikels wat leiding gee oor die doeltreffende voer van vee in droogtetoestande en die gebruik van onder meer garing­bome as bykomende voeding,” sê De Beer.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.