Ek gaan standbeelde oprig

2015-04-30 17:25

’n Standbeeld, per definisie, is ’n beeld van marmer, klip, metaal (en in die 2015-uitgawe van Schulwörterbuch für Unartige Kindern ook verf en spoeg), ter ere van iemand opge-rig, gewoonlik in die openbaar en op ’n voetstuk.

Ek gaan ook ’n paar standbeelde oprig.

Verstaan my mooi: Ek praat nie teen die ouens wat (soms na ’n ou ghrokkie agter die blad) met allerlei liggaamsvloeistowwe en gwala’s en gluiperige kykers bestaande standbeelde van die Herrenvolk onteer nie. Geheel nie. Hulle het mos human rights. Los hulle uit. Moet net nie met húlle standbeelde lol nie.

Terwyl Jeffreysbaai egter feitlik geen standbeelde het waarvan ek weet nie, het ek ’n paar idiosinkratiese idees vir standbeelde vir die Dorp van Dromers. (Alle linguïste, let asseblief op my idio-woordgebruik hierbo, voordat een of ander imbesiel van buite die dorp wil prosedeer omdat ek iemand ’n idioot genoem het. Let ook op: Van buite die dorp - daar is nie imbesiele in Jeffreysbaai nie).

Goed dan, hier is my voorstelle:

. ’n Reuse-standbeeld van swart vullis-sakke reg voor die munisipale geboue, omdat dit tradisioneel die plek is waar sta-kende werkers altyd vuil rommelsakke uitskud. Dalk kan ’n munisipale woordvoerder se kop reg bo-op gemonteer word, waardeur ’n luidspreker dag en nag blêr: “Dis nie soos dit vir julle lyk nie. Rommelstrooi is die dorp se nasionale sport!” O tempora! O mores! Ora pro nobis!

. ’n Nog groter surrealistiese standbeeld van alle (en ek bedoel alle) stop-, toegee- en ander verkeerstekens reg voor die verkeersgebou. (Iemand, help my reg: Is daar so ’n gebou?). Die tekens sal nie duur kos nie - verwyder net die dorp s’n. Niemand sal dit eens agterkom nie. Niemand sal dit probeer afbreek nie, want niemand weet wat dit is nie . . . of hul nou hul lisensies verdien of ge-onder-die-toonbank het. Verkeerstekens? Is daar so iets op ons dorp? Indien tog wel, dan kort 99.9 persent van alle bestuurders in die dorp brille of kontaklense of wit kieries.

. ’n Standbeeld met die woorde Looney Tunes op die rotse by Astonbaai se strand, waar ’n trop ou omies in rystoele, met driebeenkieries, verpleegpersoneel, ambulanse, opbetaalde begrafnispolisse en ander le-wensondersteunende mediese voorraad met dodelike wapens ’n sloot in die sand gegrawe het - nie vir hul eie begrafnisse nie, maar om te keer dat die nuwe brug weer inmekaartuimel. Hulle wou maar net die oortollige water in die see uitlei, want die munisipaliteit is so besig. En dan stuur ’n drankwinkel nog vir die sterwendes ’n klomp papegaaisap om te puza. Geen wonder hulle grawe ’n sloot so lank soos China se muur binne negentig minute nie. Woema!

Nou weet ons warmee om vol te maak as die petrolprys weer styg. Natuurlik is daar ’n saak by die polieste geopen. Dis tog ’n misdaad van skokkende proporsies . . . skokkend, sê ek jou, man! Om darem so ’n papelellie op ons goedversorgde!- blouvlag!- vyfster!-strand te kom grou. Swak, man, swak! Toemaar, ons sal vir julle ouens in die boep kom kuier. Moet asseblief net nie vir ons deur die tralies julle grawe probeer ver-kwansel vir ’n boetegeldjie nie. Julle ou stouterds!

Ek het nog vele standbeeld-idees, maar die drukkersduiwel grom vir my: “Stop! Jy laat loop te veel water in die see.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Jordaan missing in action

30 minutes ago

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.