Geheimhouding laat ouers warm onder die kraag

2015-09-03 06:00

OUERS dreig om hul kinders uit die Victory Christian Skool te haal, personeel oorweeg dit om te bedank - twee hét reeds en ’n derde besluit nog oor die datum - vriendskappe verbrokkel en skinderstories en tweespalt loop hoog.

Dit is reeds byna ’n maand na voormalige skoolhoof Fanie Vermaak se ‘skielike’ bedanking die gemeenskap verslae gelaat het. Maar stééds is ouers en personeellede in die donker oor die éintlike rede vir die onverwagte bedanking.

’n Vergadering, waar lede van die beheerliggaam ouers toegespreek het, het meer vrae gelaat, as om lig op die saak te werp.

Nog voor enige vrae gerig kon word, is dit duidelik gestel dat géén inligting rondom die bedanking bekendgemaak kan word nie. Dit glo weens ’n vertroulikheid klousule in die kontrak tussen Vermaak en die beheerliggam. Dit was die trant van die hele vergade-ring van nagenoeg 90 minute.

“Die hele vergadering was ’n grap en ons het geen antwoorde gekry nie,” sê ouers- woordvoerder Annemie Bibb. “Die onprofessionele manier hoe Vermaak se bedanking hanteer is, steek ons, as ouers, dwars in die krop. Ons probeer hard om agter die kap van die byl te kom, maar sonder enige sukses.

“Op my vraag of Vermaak sy bedanking aangevoer het en of hy gelukkig met die besluit is, is daar geantwoord dat die kontrak konfidensieel is en hulle is nie by magte is om die inhoud daarvan bekend te maak nie.

“Ek het gesê hy verstaan dalk my vraag verkeerd; ek vra nie waarom Vermaak weg is nie, ek vra of hy tevrede is daaroor - ja of nee. Daar is net weer vir my gesê die kontrak is konfidensieel”. Volgens Bibb het iemand later dieselfde vraag gevra omdat dit nie die eerste keer beantwoord is nie. Hul regsverteenwoordig-er, Eddie Albertyn, het gesê: “Die vraag is reeds beantwoord: of julle van die antwoord hou of nie, dit is die antwoord.”

Ouers wou verder weet waarom Vermaak nie daar is om sy kant van die saak te stel nie. Past. Louis Els het hierop geantwoord dat Vermaak nie meer in diens van die skool is nie, en daarom nie na die vergadering genooi is nie.

Volgens Bibb is dit nie die eerste keer dat personeellede skielik ‘bedank’ nie. “In die afgelope ses jaar is Vermaak die derde onderwyser wat op soortgelyke wyse ‘bedank’.

“Voormalige VCS-skoohoof Pierre de Vil-liers is twaalf jaar terug onder soortgelyke omstandighede as Vermaak ‘weg’.”

Bibb sê: “Vermaak het nog nie sy salaris of verlofuitbetaling vir Augustus ontvang nie. Hy is ’n man met ’n vrou en vier kinders waarvoor hy moet sorg. Het die beheerliggaam geen integriteit nie?

“Indien dit nie Vermaak se keuse was om te bedank nie, eis ons, as ouers, dat hy as skoolhoof herstel word. Daar moet meer deursigtig-heid, eerlikheid en kommunikasie tussen die skool, kerk en ouers wees.”

. Vermaak het op 7 Augustus in ’n brief aan ouers sy bedanking bekendgemaak.

Van inskrywings op Facebook en boodskappe op die aankondiging oor die bedanking, lui:

. Ek het nog nooit gehoor van ‘n kerk wat ‘n kontrak sluit om die waarheid te verdoesel nie.

. Ek wil al dae lank iets skryf maar wat se ek? Victory-kerk, wat nie verteenwoordigend is van die ouers of onderwysers nie, het ons ontneem van ’n pappa-leier waardeur God na ons kinders gekyk het. Ek het Fanie met my hele hart vertrou en doen nogsteeds. Hoe vertrou ek weer die leierskap? FANIE ONS MIS JOU! Ek kan nie beskryf hoe ek voel nie. .. ek voel leeg.

. It is very unfortunate that your behaviour displayed by the governing body of the school resembled that of the Mafia in a horror movie. I herby declare a big vote of no confidence in the school governing body...

. Wat het daar gebeur? Ek het ouers wat my bel om hul kinders uit te haal en tuis wil onderrig. Ek verstaan ook nie die geheimhouding nie.

Die Kouga Express het teen druktyd nog geen terugvoer van die beheerliggaam op na-vrae ontvang nie

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.