Intrekker skryf heerlike leesstories

2015-10-08 06:00
Cecile de Wet, Dinah Schlebusch, Juna Krog, Sonette Korff en Annekie Heyns wat onlangs haar eerste boek, Die Fotoalbum, gepubliseer het.
                                                                                                               F

Cecile de Wet, Dinah Schlebusch, Juna Krog, Sonette Korff en Annekie Heyns wat onlangs haar eerste boek, Die Fotoalbum, gepubliseer het. F

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

‘n Onlangse intrekker van Jeffreysbaai, Annekie Heyns, het haar eerste boek, Die Fotoalbum, gepubliseer.

Sy was lank joernalis, eers by die Noordwester/ Oewernuus/ Messenger in die Calvinia, Willston, Carnarvon, Victoria-Wes en Prieska-distrik. Daarna was sy verbonde aan die Gemsbok, Upington, wat in die ander deel van die groot Noord-Kaap versprei word.

Annekie se boek handel oor die lewe van Jennepher Malan. Die karakter dink dat sy van agter haar kamera kan toeskouer speel in haar eie familie en vriendekring, maar as dié twee bymekaar kom, is dit nie so maklik nie. Haar aantreklike, superryk neef, Isak, raak verlief op haar beste vriendin, Dalene. Laasgenoemde het ‘n familie met vele uitdagings, om die minste te sê. Tussen Isak se ma, die formidable M, Jen se flambojante neef, hul ouma se groot verjaarsdagpartytjie wat nader kruip, en die onverwagte verskyning van ‘n vreemde bekende, het Jennepher skielik haar hande vol.

‘n Moordraaisel - Uit Fokus - waarin Annekie se koe-rantondervinding handig te pas kom, is voltooi en aan verskeie publisiteits-huise voorgelê.

‘n Derde boek, oor die lewe in die Karoo, is in sy beplanningsfase. Voorlopig dink die skrywer om dit Tussen Botterblom en Ysterklip in die Land van weer Begin te noem. Pa-radysstrand en sy mense is so fantasties soos die plek se naam, sê Annekie, en die ondersteuning van almal hier is wonderlik.

“Ek het een van my felste kritici, my dogter, Cari, ‘n opvolg vir Die Fotoalbum belowe,” sê Annekie. “Sy het my baie met die persepsies van die jongmense in die storie gehelp.

“Die welbekende Merie Scheepers het ook ‘n reuse bydrae gelewer om die boek uiteindelik op die rak te kry.”

Kommentaar

Merie Scheepers - Dit is ‘n lekkerleesboek deur ‘n skrywer van wie julle nog baie gaan lees. Annekie se eie spitsvondigheid, taalvaardigheid en heerlike sin vir humor is duidelik waarneembaar deur die hele boek. Die jare as joernalis (en alles wat ‘n mens nog by ‘n plattelandse koerant doen as jy daar werk) dra by tot die gemaklike vloei van die boek en het haar ook ‘n skerp waarnemer van die mense om haar gemaak.

Die boek kan bestel word by info@booksdirectsa.com of skakel 021 591 0309

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.