Jeffreys: Dorp van die Jaar?

2015-05-08 10:21
Die ondersteuners van Jeffreysbaai het hul stem dik gemaak, of eerder uitgebring, en Jeffreysbaai is sopas aangewys as die Oos-Kaapse finalis in Kwêla se Dorp van die Jaar kompetisie vir 2015.

Foto: 
CLIVE WRIGHT

Die ondersteuners van Jeffreysbaai het hul stem dik gemaak, of eerder uitgebring, en Jeffreysbaai is sopas aangewys as die Oos-Kaapse finalis in Kwêla se Dorp van die Jaar kompetisie vir 2015. Foto: CLIVE WRIGHT

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE ondersteuners van Jeffreysbaai het hul stem dik gemaak, of eerder uitgebring, en Jeffreysbaai is sopas aangewys as die Oos-Kaapse finalis in Kwêla se Dorp van die Jaar kompetisie vir 2015.

Die twee ander dorpe wat as finaliste bekendgemaak is, is Wellington in die Wes-Kaap en Douglas in die Noord-Kaap. Altesame nege dorpe sal om die titel meeding.

Volgens Therese Benade, inhoudsvervaardiger by Kwêla, word die finaliste asook die wenner suiwer op grond van die publiek se stemme gekies.

Vroeër vandeesmaand het dit gegons in Die Burger se briewekolom van inwoners wat meen Jeffreysbaai moet eers skoongemaak word voor dit die titel as ‘Dorp van die Jaar’ verdien. Mense is selfs deur ontstoke inwoners aangemoedig om nie vir Jeffreysbaai te stem nie.

Jeffreysbaai het egter genoeg stemme gekry en Kwêla se kameraspan, met André Weideman as aanbieder, sal aanstaande week die dorp vir twee dae besoek - waarskynlik Dinsdag en Woensdag.

Volgens Therese, kry hulle insette van die inwoners en toerisme-agentskappe om die hoogtepunte van die dorpe uit te lig vir die verfilming.

Jeffreysbaai se insetsel sal op 27 Mei op Kwêla uitgesaai word.

Die stemlyne sal eers vanaf 15 Julie aktief wees wanneer al nege streke se dorpsfinaliste bekend is.

Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys. Die dorp wen R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 30-sekonde-advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word.

Die Kouga Munisipaliteit se Toerisme-portefeulje raadslid Virginia Camealio-Benjamin sê dit is vir hulle ’n absolute eer om vir so ’n belangrike toekenning in aanmerking te kan kom.

“Kouga is een van die snelgroeiendste munisipaliteite in die land en dit sal ons op meer as een manier blootstelling gee.

“Maar dit doen nie afbreuk aan sy aantreklikheid nie en selfs mense van buite het kennis geneem van die skoonheid van die gebied.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.