Kareedouw ‘het nie vangwaens’

2015-10-29 16:06

KAREEDOUWERS voel hul veiligheid is in die gedrang noudat die dorp se polisie glo nie ’n enkele, lopende voertuig het nie.

“Ek is die eienaar van ’n supermark en ’n teiken vir rowers. Hoe gaan die polisie ’n rower kan wegvat?” sê Stehan Carstens van ’n Kareedouw-supermark. Volgens Carstens is ’n tekort aan polisievoertuie reeds twee jaar lank ’n probleem in dié dorp.

“Die voertuie word sat gery. Onderdele skud los en word sommer met kabelbinders vasgemaak. Dan breek die motors die een ná die ander.”

Die laaste patrollievoertuig het na bewering die afgelope week die gees gegee toe dit aan die brand geslaan het. Die brand het blykbaar weens ’n elektriese kortsluiting ontstaan.

“Die polisie op dié dorp het net een ou motor waarmee hulle rondry. Wat gebeur as ek nou ’n rower vang? Moet ek en die rower nou saam voor in my bakkie na die polisiekan-toor toe ry?”

Nóg ’n Kareedouw-inwoner, wat anoniem wil bly, sê inwoners vrees vir hul veiligheid weens die voertuigtekort. “Misdadigers weet dié goed. Hulle sal juis nou toeslaan, want hulle weet die polisie kan nie ten volle funksioneer nie,” sê die man.

Maar kol. Sibongile Soci, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, sê Kareedouw se stasiebevelvoerder verseker inwoners dat die polisie se diens ­in geen omstandighede belemmer sal word nie.

“Al die nodige stappe is gedoen om te ver-seker dat polisiëring gelewer word. Voertuie van ander eenhede sal intussen tydelik gebruik word,” sê Soci.

Op ’n direkte vraag oor hoeveel patrollievoertuie die Kareedouw-polisiekantoor tans het, het Soci nie reageer nie.

Sy sê wel dit is belangrik om in gedagte te hou dat polisievoertuie 24 uur ’n dag, elke dag, moet ry.

“Hoewel daar voorsiening gemaak word om meganiese probleme en onderhoud aan voertuie te verseker, is dit onvoorsiene ongelukke en tyd vir herstelwerk wat ’n probleem bly,” sê Soci.

Soci sê die provinsiale bestuur is besig om ’n polisievoertuig aan die Kareedouw-polisiekantoor toe te ken. Nóg ’n voertuig sal, volgens Soci, in die volgende boekjaar aan dié polisiekantoor toegeken word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.