Kom kuier by Patensie Sitrusfees

2015-06-11 06:00

LEMOENE en vermaak by die dosyne.

Sit jou feeshoed op, trek gemaklike skoene aan en kry Saterdag koers na Patensie.

Dit is daardie tyd van die jaar waar weggelê word aan die heerlikste, sappigste sitrus-vrugte. Voeg daarby vars groente, sport, eg Suid-Afrikaanse handwerk en liplekker tuisgebak, asook ’n dag van kompetisies en vermaak en die Patensie Sitrusfees is die plek waar jy wil wees.

Vir die eerste keer in die fees se sesjarige bestaan is daar ’n bergfietswedren en ’n nag-wedloop.

Poppie Coetzer (66), die gewildste van al die TV-Kokkdore, maak vanjaar ’n draai by die fees en die boereworsbraai-kompetisie vir die jongklomp is terug. Daar is twee kategorieë waarin jong braaiers - onder 8 jaar oud en tussen 8 en 12 jaar oud - dit om die braaititel kan uitspook.

Een van die grootste aantrekkingskragte van die fees is die boordetoer. ’n Ou omgeboude lemoen-oesbak word agter ’n trekker gehaak. Besoekers kan dan saamry plaas en boorde toe, terwyl die boer praat oor sitrusverbouing en die variëteite. Mense kan dan sommer pluk en proe.

Verder op die spyskaart is die Agri-ekspo met onder meer ouderwetse motors en trekkers, asook die jongste motors, trekkers en implemente op die mark.

Musiekliefhebbers kan uitsien na top-vermaak deur Andries Vermeulen, Aimée le Roux, Ruan van der Kuil en Angel.

Eg Suid-Afrikaanse handwerk en tuisgemaakte produkte sal te koop wees, en daar is kosstalletjies vir elke smaak, ’n vars vrugte- en groentemark, ’n teetuin en biertent.

Vir die jongelinge is daar ’n speelpark, verfbal-teikenskiet en vermaak deur Lilly van Liekieland en Lollos.

Die fees, aangebied deur Gamtoos Toerisme, vind plaas op 13 Junie by die Laerskool Gamtoosvallei- skoolgrond gehou word en open om 09:00.

Toegang is R40 vir volwassenes en R10 vir kinders. Vir meer inligting, stuur ’n epos aan Nichola Uys by sitrusfees@patensie.co.za of besoek www.baviaans.net

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.