‘Kwêla’-span kuier op Jeffreys

2015-05-21 06:00

MET die TV-program Kwêla se onlangse besoek aan Jeffreysbaai was dit duidelik dat die 10 minute wat kykers binnekort op die kassie gaan sien, ure se harde werk verg. Twee dae se harde werk.

Nie net moet nuwe vaardighede vir ’n vi- deogreep van ’n sekonde of twee aangeleer word nie, maar daar moet in “stywe klere” ingewurm word, die basiese woordeskat van ’n “nuwe taal” moet aangeleer word en die geskiedenis van die dorp moet binne ’n japtrap onder die knie gekry word.

Verder moet skote herhaaldelik geskiet word, totdat die regisseur tevrede is. Laasge-noemde tot groot ontsteltenis van sommige inwoners wie se senuwees hul bloots gery het.

Die kykNET-program Kwêla het Donderdag en Vrydag die dorp besoek om ’n programinsetsel oor die dorp en sy mense te verfilm vir die Dorp van die Jaar-kompetisie.

Die produksiespan, wat bestaan uit Hanné Koster, Kobus Pieterse, Chad Schwartz, Johnny Davids en Ruaan Pienaar, het onder meer die hoofstrand, skulpiemuseum (een van slegs twee skulpiemuseums in Suid-Afrika), Zoetelief-park van Dorp van Drome, Island Vibes en Walskipper besoek.

Die aanbieder Johnny Davids het sy lyf reeds vroegoggend in ’n duikpak vir die perfekte skoot gewikkel. Want wat is Jeffreysbaai sonder ’n “spiertier” op sy bord?

Maar branderplankry is ’n vaardigheid wat aangeleer moet word, en regop staan is glad nie so maklik soos wat dit van die strand af lyk nie. Met die derde probeerslag het Davids dit reggekry om vir etlike sekondes regop te staan.

“Dit was die eerste keer in my lewe dat ek probeer branderplank ry het,” het hy vertel. “Ek was maar lekker op my senuwees.”

Hy het selfs by ’n paar gesoute branderplankryers gaan kers opsteek oor die basiese woordeskat en kentekens wat uniek is aan hulle.

Volgende op hul lys van besienswaardighede was die gewilde skulpiesmuseum. Volgens Kouga se toerismebestuurder Cariena Strydom, is dié museum een van slegs twee skulpiemuseums in die wêreld en huisves meer as 1 500 skulpspesies. So tussen die geklets van besoekers en die gestamp aan kaste (per ongeluk en blykbaar ’n eerste vir die “skuldige” kameraman), het Strydom en Carleen Arends, Kouga se direkteur van toerisme, die geleentheid gehad om meer van die besonderse museum te vertel.

Zoetelief in Seetuinweg gaan ook op televisie skitter. Deline Swart, die dromer agter die park, het die Kwêla-span meer oor die besonderse parkie en die Dorp van Drome-projek vertel. Gewoond daaraan om agter die skerms te werk en in die grond te vroetel, was dit ’n nuwe ondervinding vir die dinamiese vrou om haar handewerk aan die groot klok te hang.

Tussen die harde deur werk was daar genoeg tyd vir lag en gekskeer.

Volgens Davids het Jeffreysbaai, “’n rustig-heid wat jou oorval en al die inwoners is vriendelik en warm mense. “Ek hou duim vas vir Jeffreysbaai.”

Die insetsel oor Jeffreysbaai word op 27 Mei uitgesaai

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.