Man vas ná sy vrou se moord

2015-09-17 06:00
Roseline Bosman (45)
 Foto: 
Verskaf

Roseline Bosman (45) Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DRIE verdagtes is die afgelope Sondag en Maandag vir die moord op Roseline Bosman (45), eienaar van ­Bosman-begrafnisdienste in Humansdorp, in hegtenis geneem.

Een van die verdagtes blyk Bosman se man te wees.

Bosman se seun het sy ma die afgelope Saterdag in haar slaapkamer dood aangetref. Die kamer was in ’n warboel en een venster gebreek, het haar seun Bran­wayne (25) gesê.

’n Taakspan is dadelik onder leiding van brig. Neil Jantjies, groepbevelvoerder van Humansdorp-polisiekantoor, saamgestel. Van die polisiebeamptes was op rusdae, maar omdat die beste polisiebeamptes benodig was, is van hulle weer in diens geroep.

“Die polisie het aanvanklik ’n geregtelike doodsondersoek geopen omdat geen beserings aan Bosman gesien kon word nie, maar ná puik speurwerk het die polisie ’n verdagte vir Bosman se dood opgespoor en is die saak na moord verander,” het ao. Basil Seekoei, polisiewoordvoerder, gesê.

Een van die verdagtes, Lunga Soldaat (26), is Sondag in die nabygeleë Hankey aangekeer. ’n Trouring en skootrekenaar van Roseline Bosman is in sy besit gevind.

Soldaat het Dinsdag in die Humansdorp-landdroshof verskyn en sal in aanhouding bly tot minstens sy volgende hofverskyningsdatum op 21 September.

Verdere ondersoek het Maandag tot die inhegtenisneming van ’n 49-jarige man in die vroeë oggendure, ook in Hankey, gelei. Dié man het gister in die hof voorkom. Branwayne het bevestig dat sy pa Maandag in hegtenis geneem is en in die hof sal verskyn.

’n Derde verdagte (18) is laat Maandagaand in Humansdorp aangekeer, en sal vandag in die hof verskyn.

Lt.gen. Celiwe Binta, provinsiale kommissaris, het die taakspan gelukgewens met hul sukses en het dit aan hul spoedige optrede toegeskryf.

Seekoei het gesê die motief vir die moord word nog ondersoek, en wou nie oor die oorsaak van dood bespiegel nie, aangesien die lykskouing nog afgehandel moet word.

Branwayne het gesê sy ma was ’n steunpilaar in die gemeenskap en het altyd ’n pad met haar kliënte gestap. ’n Roudiens sal op 26 September vir Roseline in die Humansdorp Kruisfontein-gemeenskapsaal gehou word

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.