Marie stort hart in verhaal uit

2015-07-16 12:54
Dié verhaal van Marie du Toit en haar man, Frans (80), se nagmerrie-ondervinding in Oktober, is vasgevang in die boek Aangename Kennis, Here - Elkeen se Lewe Vertel ’n Storie.
            Foto:
VERSKAF

Dié verhaal van Marie du Toit en haar man, Frans (80), se nagmerrie-ondervinding in Oktober, is vasgevang in die boek Aangename Kennis, Here - Elkeen se Lewe Vertel ’n Storie. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“ONS lewe nog. Om ’n spesifieke, maar onbekende rede, daarvan is ek seker.”

So vertel Marie du Toit (68) van Edenglen in Jeffreysbaai nadat hul motor verlede jaar ses keer gerol en hulle daarna ’n hele dag en ’n koue nag in ’n kloof vasgekeer was. Dié verhaal van haar en haar man, Frans (80), se nagmerrie-ondervinding in Oktober, is nou vasgevang in die boek Aangename Kennis, Here - Elkeen se Lewe Vertel ’n Storie wat onlangs vrygestel is. Aangename Kennis, Here is ’n program op Radiokansel wat soggens vroeg uitgesaai word. Meer as 50 verstommende ge-tuienisse is in boekformaat vasgelê, sodat ander kan lees wat beroemdes en onbekendes uit hul geloofsharte vertel. Ware verhale, opregte mense, ware hoop.

“Vir diegene wat nog in twyfel lewe, is die boek ’n groot inspirasie,” sê Marie.

Volgens Marie wou sy nog altyd ’n kinderverhaal skryf, maar het nog nooit sover gekom nie. “Met die neerpen van ons ervaring, het die Heilige Gees my hand gevat en ge-skryf,” sê sy.

Marie vertel op pad terug na die Zuurberg Mountain Inn vanaf die Addo-olifantpark waar hulle haar verjaardag gevier het, het dinge begin skeefloop.

“Die pad was glad. Die agterwiel het gegly ... en binne sekondes gaan die ondekbare met ons gebeur. Ek het geskok besef ons stuur op ’n ramp af toe ons motor in die rigting van die gapende afgrond beweeg,” vertel Marie wat bestuur het.

Sy het beheer oor die voertuig verloor en dit het teen die steilte afgerol. “Die motor het ses of sewe keer van neus tot stert omgekeer. Op pad af kon ek hoor hoe ons verby die bome waai en die vensters breek. Ek het dadelik gebid dat die Here ons beskerm – en toe kon ons sonder ’n enkele skraap uit die motor klim.”

Albei het hul veiligheidsgordels gedra.

“Voor ons uitgeklim het, het ek eers vir Frans gesê: ‘Nou bid ons om dankie te sê’,” sê Marie.

“Daar was net los klippe, glibberige grond, doringagtige bosse en ’n berg wat bo ons uittroon. My man het eerste aan my gedink. Hy het dadelik koers bergop gekies om hulp te gaan soek by die pad daar bo. Hy het net sy kortbroek en sandale aangehad. Op 80 is hy nie net by getroue lewensmaat nie. Hy is my hero.

“Toe hy al ’n ent weg was, sien ek - asof vir ons uitgepak - die bottel water en fles swart koffie wat in die motor was. Albei ongedeerd.”

Ná hulle die nag onder ’n boom moes deurbring, het Marie teruggeloop na die motor om hul selfone te kry - maar daar was geen sein nie.

“Ek het begin bid dat die Here vir my ’n engel sou stuur – en tien minute later het drie mans in die pad bo ons verbygestap en ons hulpgeroep gehoor.”

Die mans het ’n verbygaande motoris voorgekeer en hy het die polisie ontbied.

Reddingspanne het vier uur lank gesukkel om die egpaar uit die kloof na veiligheid te bring

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.