NSRI red gesin van ses

2015-04-30 17:29
Lede van die Nasionale Seereddingsinstituut in Jeffreysbaai kom gisteroggend by die Bergrivier naby Hankey aan waar ’n gesin met twee siek kinders oor die rivier na veiligheid gehelp is. 
Foto: 
verskaf

Lede van die Nasionale Seereddingsinstituut in Jeffreysbaai kom gisteroggend by die Bergrivier naby Hankey aan waar ’n gesin met twee siek kinders oor die rivier na veiligheid gehelp is. Foto: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Gesin van ses, onder wie twee siek kinders, is Sondagoggend in ’n dramatiese reddingspoging na veiligheid gebring nadat hulle by ’n kampeerterrein in Hankey vasgekeer is.

Volgens Rieghard Janse van Rensburg, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Jeffreysbaai, het die NSRI na die Bergrivier-kampeerterrein naby Hankey gehaas om dié gesin te help.

“Ons het omstreeks 09:50 ’n oproep van die NSRI in Port Elizabeth ontvang oor ’n groep mense wat by dié kampeerterrein gestrand was,” sê Janse van Rensburg.

“Die hoofroete om dié terrein te verlaat was oorspoel ná ongeveer 125 mm reën Saterdagnag.”

’n NSRI-span het vinnig by provinsiale nooddienste en polisie op die toneel aangesluit. “Talle kampeerders was bereid om te wag vir die vloed om te sak, maar ’n gesin van ses wou die terrein verlaat. Onder dié gesin was ’n baba van 18 maande en ’n driejarige seun, wat albei ontwater en koorsig was en diarree gehad het. Die prioriteit was om hulle na ’n hospitaal te neem.”

Die NSRI het ’n tou oor die rivier gespan waarmee hulle die twee kinders en die ma oor die water gehelp het.

“Die kinders is per ambulans na die hospitaal geneem, waarna ons die pa, ’n ouma en ’n tienjarige seun oor die rivier gebring het.”

Volgens Janse van Rensburg is die babadogtertjie reeds terug onder haar ma se sorg in Port Elizabeth, terwyl die seun steeds in die hospitaal behandeling ontvang.

“Ons het ook die tou wat ons gespan het, agtergelaat in geval van nog noodreddingsoperasies. Die mense wat agtergebly het, was egter veilig en sal ons kan bel as hulle hulp nodig het,” sê Janse van Rensburg

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.