Na 70 jaar nog erg verlief

2015-07-23 06:01
Esmé (89) en (voor regs) Lambertus du Preez (90) het Dinsdag, 21 Julie hul 70ste huweliksherdening gevier.
                                            Foto: 
monique basson

Esmé (89) en (voor regs) Lambertus du Preez (90) het Dinsdag, 21 Julie hul 70ste huweliksherdening gevier. Foto: monique basson

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

AL is sy rug effens kromgetrek van die ouderdom en haar stem krakerig, dans die liefde meer as sewentig jaar later sterker as ooit in hul oë rond.

Dié Sondag in 1943 wat Esmé du Preez (89), voorheen Le Grange, haar gesangeboek in die kerk met Lambertus (90) gedeel het, het hulle geweet hul sal met niemand anders as mekaar trou nie.

Die liefde het geblom en na ’n behoorlike hofmakery is die “jong” paartjie in 1945 in die Duitse Gereformeerde Kerk in Suideinde in Port Elizabeth getroud. Hoewel albei by die Hoërskool Pearson in PE skoolgegaan het, het hulle mekaar nie op skool geken nie.

Esmé en Lambertus wat die afgelope 12 jaar in Jeffreysbaai woon, het Dinsdag hul 70ste huweliksherdening by die Tampa Bay Spur in Jeffreysbaai gevier. By hulle was die strooijonker van ouds, Frankie le Grange (87), en hul dogter, Marie Dreyer, en haar man Clarens. Hul seun, Johan, woon in Johannesburg en kon die dag nie bywoon nie.

Terwyl Esmé - met haar effens knopperige vingers teen mekaar voor haar - hul storie vertel, kan Lambertus nie sy oë van sy mooi vrou afhou nie. Elke nou en dan vat hy liggies aan haar skouer en glimlag hulle skalks vir mekaar.

Wat is hul resep vir ’n gelukkige huwelik en lang lewe saam met hul twee kinders, vyf kleinkinders en twee agterkleinkinders?

“Die geheim is om wanneer jy met jou vrou stry, net yes dear te sê,” vertel Lambertus terwyl die tergduiwels in sy oë rondspring. “Dan glimlag sy net en vergeet hoekom sy kwaad was.”

Esmé se wange kreukel in ’n skaam glimlag. “Ag, man!” sê sy en vat aan sy hand.

“Ons wenresep is ’n kombinsie van seëninge van die Here, godsdienstigheid, liefde, respek en eensgesindheid. Sewentig jaar is ’n lang tyd. Natuurlik was daar die alledaagse stryery, maar ons wou mekaar nog nooit los nie. Ek wou hom al baie keer oor die kop slaan as hy slaap, maar los, nooit nie. Ons is te lief vir mekaar en het ’n gelofte voor die Here gemaak.”

Esmé hou nie daarvan dat paartjies deesdae so maklik skei nie. “Wanneer jy voel jy wil skei, soek weer die mooi in mekaar toe julle getrou het. Byt vas. Skei maak seer en laat letsels,” sê sy.

“As julle lief is vir mekaar, moet julle mekaar baie vergewe. Ons almal maak foute. En onthou, ’n man is vol nonsens.

“As julle in die Here glo en saam met Hom loop, sal julle dit maak.”

Volgens Lambertus moet ’n man weet wanneer om jammer te sê.

“Skryf al die belangrike en spesiale oomblikke neer,” sê Esmé. “Voor jy jou oë uitvee is sewe dekades verby en kan jy nie meer alles so goed onthou nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.