Net ’n stukkie brood

2015-08-27 06:00

DIE tong is vandag uit die kies.

Een van ons beroemde hartchirurge staan jare gelede langs die bed van ’n bruin seuntjie wat chirurgie in Groote Schuur moet ondergaan. Die ogies is groot, die hartjie fladder. Magie is leeg, want die operasie lê voor.

“Wat kan ons vir jou gee, Grootman?” vra die spesialis.

“Net ’n stukkie brood,” sê die outjie.

’n Stukkie brood verteenwoordig dalk op daardie vreesgevulde oomblik die somtotaal van dit waaraan hy gewoond is. As hy dit kan kry, is hy weer gelukkig – want dit is sy troos, sy wêreld. Ek dink die dokter het toe gevoel soos ek baie keer voel as ek swaarkry sien. Rou. Seer.

So staan ek eendag in ’n supermark agter ’n klein vroutjie wat haar karige aankope by die kasregister uitpak. Terwyl die kassiere die items oplui, sê sy vir die tannie: “Die geld is te min. Sit party van die groceries terug.” Die tannie met die yl haartjies sit toe ’n pak hoenderstukke (nogal goeie snitte van ’n bekende maatskappy) terug. En my binneste ruk. “Gee dit vir haar,” sê ek. “Ek sal betaal.”

En die kassiere sê: “Sê dankie vir die meneer.” En die antie kyk na my: “Dankie, meneer. Die Jirre sal jou seën.”

I felt so honoured. So honoured.

Dit sal darem ’n lekker wêreld wees as ons almal minder vir onsself wil koop en meer vir ander. Daar is ’n groot stuk waarheid in “Wees lief vir jou medemens soos vir jouself.” Dit beteken jy moet eers vir jouself respek hê, want dan is jy vir ander lief. As jy nie van ander hou nie, het jy selfbeeldprobleme.

Ek weet van iemand wat eendag sy Merc. vir ’n onbepaalde tyd aan iemand geleen en sy spaargeld vir dieselfde persoon geskenk het om hom met sy huisbouery te help, want die bouer was motorloos en geld was min. Daar is êrens ’n korrelasie tussen oorvloedig gee en oorvloedig terug ontvang, want glo my gerus: die man wat so vryelik geskenk het, leef vandag nog in oorvloed.

’n Gee-kultuur is beter as die gimme’s. Die gimme’s weerspieël ’n lewenshouding: “Gimme this, gimme that.” Die groot Ek. Sy rakke kraak later van al die klere en skoene en wat nog. En as hy skielik die aardse moet groet, vat hy niks saam nie. Skryf AG Visser: “Die rykaard moet sy geld laat staan; die aardryk hou sy geld. Maar goed ook: as dit mee kon gaan, sou dit miskien net smelt.”

Om ’n gewer te wees, is edel. Soveel mense werk hard en kry steeds swaar. Ander vind gewoon nie werk nie. Deur dit alles skuif ons saans onder ons warm kom-berse in, en onder die N1 se brug trek ’n ander ou nog ’n paar stukke karton en koerantpapier oor sy vodde. Ek dink jy kan enige ou leer liefkry as jy sy storie ken. Gryp elke dag aan en gee wat jy kan ... en soms meer.

Wanneer ons moet kies wat die beste gawe is, moet ons leer om te prioritiseer. Onsself en ons plannetjies lyk vir ons alte dikwels belangriker as ander se seer.

Dis nou byna 23 jaar dat ons dogter haar tweelinkie verloor het. Ons het haar in die hospitaal in die ou Wes-Transvaal besoek. Daardie aand moes ek terugjaag Rand toe vir ’n belangrike byeenkoms. Ek huil nou nog soms daaroor. Eintlik moes ek gebel en eenvoudig die byeenkoms gekanselleer en die nag by my kind se bed deurgebring het. Dan kon Pappa haar hand vasgehou en haar tot ounag getroos het soos toe sy klein was.

As ons wil gee, moet ons soms ander dinge wegwys, verbeur. Om te gee, maak jou nie armer nie. Dit maak jou beter. Gee jouself elke dag, voordat jy later jammer is.

Want spyt is ’n wonderlike emosie. Ongelukkig kom dit altyd te laat

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Jordaan missing in action

50 minutes ago

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.