‘Niks sal Sarah se naam kan uitwis’

2015-04-30 17:24
Toerisme en Kreatiewe Industrieë portefeulje raadslid Virginia Camealio-Benjamin, Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling portefeulje raadslid Noel O’Connel van die distriksmunisipaliteit, Kouga uitvoerende burgemeester Booi Koerat en Margaret Coetzee, hoo

Toerisme en Kreatiewe Industrieë portefeulje raadslid Virginia Camealio-Benjamin, Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling portefeulje raadslid Noel O’Connel van die distriksmunisipaliteit, Kouga uitvoerende burgemeester Booi Koerat en Margaret Coetzee, hoo

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

NÍKS wat enige misdadiger of ander mense doen, sal daarin slaag om die naam van Sarah Baartman, wêreldbekende ikoon, te wis nie.

Só het ’n ontstelde Booi Koerat, burgemeester van die Kouga-distrik, Maandag uitgevaar na die gedenksteen van Sarah Baartman die afgelope Saterdag met wit verf besmeer is.

Sarah is die Khoi-vrou wat in die 1700’s deur ’n Britse chirurg, dr. William Dunlop, uit Suid-Afrika na Londen geneem is waar sy, weens haar “besonderse liggaamsbou”, as spektakel uitgestal is sodat agies haar breë heupe kon bewonder.

Later is sy aan ’n sirkuseienaar in Parys verkoop, waar sy gesterf het. Hierna is haar genitalieë en brein in die Musée de l’Homme (Museum van die Mensdom) in bewaring gehou.

In 1994 het oudpres. Nelson Mandela versoek dat haar oorskot na Suid-Afrika teruggestuur word. Sarah het in 2002 haar laaste rusplek gevind op ’n heuwel buite Hankey, wat oor die Gamtoosvallei uitkyk.

Vir talle was die terugkoms van Sarah se oorskot die bewys dat die demokratiese regering daartoe verbind is om die regte van almal, wat eeue lank onder kolonialisme gely het, te herstel.

Teen bogenoemde agtergrond kan mens insien waarom die vandalisering van dié grafsteen vir Koerat en baie ander tot in hul wese geskok het. Koerat, ’n spreker by Maandag se Vryheidsdagvieringe in Hankey, het feitlik sy hele toespraak aan die “afstootlike skending” van die Sarah-grafsteen gewy.

“Vryheidsdag is die viering van die val van apartheid en die begin van ’n nuwe era waarbinne alle burgers gelyke regte kon geniet.

“Dit was die begin van ’n tyd toe iemand soos Sarah Baartman se burgerskap herbevestig en haar mens-waardigheid deur die mense van haar geboorteland herbevestig kon word,” sê Koerat.

’n Klag van die vernietiging van openbare eiendom is reeds by die polisie ingedien. “Xolisile Persent, die raadslid vir die gebied waar Sarah Baartman se graf staan, het die klag aanhangig gemaak,” bevestig Koerat.

Hulle sal nie rus tot haar graf tot sy volle glorie herstel is nie, het Koerat beklemtoon. “Ons sal ten nouste saam met al die belangegroepe, soos die Khoi- en San-leierskap, asook die Departement van Kuns en Kultuur werk om die erfenisterrein te rehabiliteer.”

Koerat doen ’n beroep op die gemeenskap om met inligting te help, wat die skuldiges sal uitwys, te help.

“Ons gee ons volle samewerking aan die polisie in die ondersoek. Ons kan nie toelaat dat Sarah Baartman wéér verneder word nie,” sê hy

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.