Noodoperasie glo op renoster ná stroping

2015-05-21 06:00
Die vierde renoster wat by die Lombardini-natuurreservaat gestroop is, het die aanval oorleef. Dié renosterkoei het gister glo ’n operasie by die Shamwari-natuurreservaat ondergaan. 
Foto: 
Verskaf

Die vierde renoster wat by die Lombardini-natuurreservaat gestroop is, het die aanval oorleef. Dié renosterkoei het gister glo ’n operasie by die Shamwari-natuurreservaat ondergaan. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

GROOT geheimhouding blyk te heers rondom die vierde gestroopte renoster van die Lombardini-natuurreservaat.

Johan Lottering, eienaar van dié reservaat net buite Jeffreysbaai, het verlede week vertel hoe horingstropers die afgelope maand drie van hul renosters van kant gemaak het.

Volgens ’n betroubare bron het Lottering egter toe nog nie geweet van die vierde renoster wat gewond is nie.

Dié vierde renoster is vier dae ná die voorval op 8 Mei met ’n stukkende gesig in die bosse aangetref.

Die koei was glo baie swak, maar sy het nog asemgehaal. Sy is nie van kant gemaak nie.

Dit is onbekend hoekom die inligting oor die vierde renoster nog nie amptelik bekend gemaak is nie.

Lottering kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Kol. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, kon nie die vierde gestroopte renoster by die Lombardini-natuurreservaat bevestig nie.

Die Wildernis-stigting het egter gesê dit is nog nie seker wat die toestand van die vierde gestroopte renoster by dié natuurreservaat is nie.

Sy is vermoedelik ook op 8 Mei, dieselfde aand as die derde renoster, deur stropers geteiken.

Sy was moontlik vier dae sonder kos en water.

’n Noodoperasie is Maandag op die renosterkoei uitgevoer.

Na wat beweer word, het die operasie by die Shamwari-natuurreservaat plaasgevind.

’n Beloning van R100 000 word deur die stigting en Lottering aangebied vir enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die stropers van die eerste drie renosters.

Enige inligting in die verband kan anoniem aan die Wildlife Misdaadnommer deurgegee word by 0 078 696 9494

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.