Onblusbare teatergees se vlam op 102 gedoof

2015-06-04 06:00
Schalk Theron 
Foto:
      Mariska Spoormaker

Schalk Theron Foto: Mariska Spoormaker

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY het die Groot Depressie, die Tweede Wêreldoorlog, ontstigte dominees in klein dorpies en ’n lemmetjiesdraad-dilemma met ’n skilpad byna so sterk soos ’n leeu oorleef, maar die dood het Schalk Willem Theron vandeesweek in die ryp ouderdom van 102 jaar ingehaal.

Theron, wat sy aftreejare in die Langkloof-dorp Kareedouw deurgebring het, het in 1964 bekendheid as hoof van Toneel en later as hoofdirekteur van Sukovs verwerf.

Theron het hardkoppig en onvoorwaardelik met ’n onblusbare gees geleef – tot sy vlees halt geroep het, sê ds. Ben van Rensburg van Jeffreysbaai hartseer.

Van Rensburg, wat ook vroeër in Kareedouw gewoon het, ken Theron al jare lank. Theron het die afgelope vier jaar in die Edenglen-aftreeoord in Jeffreysbaai gewoon.

“Die matrone het hom gewaarsku om nie met sy bedsokkies rond te loop nie, maar hy was koppig en wou nie luister nie,” het Van Rensburg gesê.

“Toe gly hy en breek sy heup. Hy is na die hospitaal in Port Elizabeth gebring, maar hulle kon niks meer vir hom doen nie.”

Theron se lewe lees soos ’n avontuurverhaal. Hy het onder meer:

) tydens ’n oorsese toer in 1949 saam met toneelspelers genoeg kennis oor operahuise ingewin wat hom later as mede-beplanner van die bekende Sand du Plessis-teater in Bloemfontein goed te pas gekom het;

) saam met bekendes soos Anna Neethling-Pohl, Emgee Pretorius, Siegfried Mynhardt en Jan Schutte, Hamlet, die eerste Shakespeare-drama in Afrikaans, opgevoer;

) in die Tweede Wêreldoorlog by die kantore van Die Transvaler in Johannesburg wagdiens gedoen;

) die Sonop-Afrikanerkring, ’n kultuurorganisasie vir Afrikaanssprekendes, in 1939 gestig, self toneelstukke geskryf en rolle vertolk;

) die rol van Mankadan in die rolprent Simon Beyers

gespeel; en

) op 82 die Himalaja-berge geklim.

Theron het later in Kareedouw gaan woon waar hy geskryf en tuingemaak het.

Dit is ook op dié dorp waar die allemintige skilpad, Bliksem, hom teen die lemmetjiesdraad vasgedruk en hom net so gelos het vir sy tuinwerker om te gaan losmaak

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.