Onder Lené se hand word Springbokke voorberei

2015-08-06 06:01
Lené Engelbrecht is die eerste juffrou by die Laerskool Jeffreysbaai om rugby af te rig. 
Foto:
MONIQUE BASSON

Lené Engelbrecht is die eerste juffrou by die Laerskool Jeffreysbaai om rugby af te rig. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MET rooi naels en ewe tuis in tokse as in polvye, weet sy van laagvat en systap. Lené Engelbrecth deins nie terug vir enige man wanneer dit by rugby kom nie.

Sy is die eerste juffrou by die Laerskool Jeffreysbaai wat rugby afrig. Sy is nie net balvaardig nie, maar het `n natuurlike aanvoeling vir die sport. Lené, wat die Lsen-klas onderrig, is al van kleintyd af versot op rugby en die liefde vir kontaksport bruis deur haar are.

Volgens haar het sy in `n ‘rugbymal’ huis grootgeword. “My pa is ’n fanatiese ondersteuner en het ons almal beïnvloed. My 70-jarige ma sit nou nog bankvas voor die televisie as ’n wedstryd uitgesaai word,” vertel Lené, ’n vurige Griekwas- en Sharks-ondersteuner. Vandat sy kan onthou, het sy saam met die ander kinders op hull plaas in Grie-kwaland rugby gespeel. “Ek het amper my voortande eenslag verloor,” sê sy laggend.

“Toe gaan trou ek met ’n man, Frans, wat sportgek is.”

Volgens Lené het haar “loopbaan” as rugbyafrigter vir laerskoolkinders sewe jaar gelede begin toe haar seun Fransjohan in Graad R was. “Ek het as hulpafrigter vir Jurie Wessels uitgehelp en toe raak dit my eie span,” vertel sy. Lené rig tans die 0.7-rugby-span af.

“Ek geniet elke oomblik op die veld saam met die kinders,” se sy. “Seuns is net soveel anders as meisies. As hulle val, staan hulle op en gaan aan – hulle is net so wild soos die juffrou. Die lekkerste is om teen jaareinde te sien hoe ver hulle gevorder het. Aan die begin hardloop hulle wild en wakker rond, maar teen die einde van die rugbyseisoen weet hulle wat onkant is.”

Volgens Lené skepskop sy nog talle rugbyafrigters en ouers se voete onder hulle uit wanneer hulle uitvind dat sy rugby afrig. “Tydens ’n onlangse wedstryd by’n naburige skool het hulle al die afrigters bymekaar geroep. Die een juffrou het my snaaks aangekyk, so asof sy wonder wat ek daar tussen die manne maak. Toe sy uitvind dat ek ’n rugbyafrigter is, was die verbasing duidelik op haar gesig te sien.”

“Die manne hou nie altyd daarvan as hullle teen `n span verloor wat deur `n vrou afgerig word nie. Maar dit gaan oor die kinders en daar is geen slegte gevoelens nie.”

Op die vraag of sy nie graag netbal wil afrig nie, antwoord sy: “Defnitief nie. Ek het op skool netbal gespeel, omdat ek moes, beslis nie omdat ek wou nie.”

Volgens Lené is hulle hele huisgesin vurige rugbyondersteuners. “Fransjohan is vir die Kouga-proewe gekies en haar dogter, Alne wat graag ’n rugbyskeidsregter wil word, huil as die Blou Bulle verloor. Ons kinders sal buite rugbyseisoen moet trou. Ek mag dalk daar wees, maar hulle pa gaan dit nie maak nie,” vertel sy al laggend

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.