Oorvol Kougadam goeie nuus vir boere

2015-06-25 06:00

DIE Kougadam naby Patensie het gister oorgeloop ná die onlangse goeie reën in die dam se opvangsgebied.

Die dam was aan die begin van die week 95% vol.

Volgens Pierre Joubert, hoofbestuurder van die Gamtoos-besproeiingsraad, is dit goeie nuus vir die gebied se boere, en kan hulle uitsien na ’n baie goeie jaar vir produksie.

“Hierdie water sal genoeg wees om die boere vir die volgende jaar van water te voorsien, maar omdat vrese bestaan dat die gebied heel moontlik ’n droë tyd betree, is ons vol vertroue dat hulle die water steeds baie spaarsamig sal gebruik,” aldus Joubert.

Dit is egter nie sulke goeie nuus vir die Nelson Mandelabaai-metro se waterprobleme nie. Volgens Joubert is die munisipaliteit op slegs 28% van die dam se voorraad geregtig, sonder dat die huidige beperking van 15% bygereken is.

“Dan is daar ook nog die moontlikheid dat verdere beperkings binne die afsienbare toekoms op water wat deur die munisipaliteit uit die dam onttrek word, ingestel mag word,” het Joubert gesê.

Hy het weer beklemtoon dat die metro se waterprobleme nie opgelos sal word voordat fase 2 van die Nooitgedacht-skema voltooi is nie, wat nog sowat drie jaar kan neem.

“Die water vloei maar broekskeur oor die damwal. Daar is gevolglik geen vloedgevaar nie,” aldus Joubert.

Al die laagwaterbrûe is dus oop vir voertuie, het hy bygevoeg.

Die dam bevat op die oomblik 125,5 miljoen m³ water

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.