Op en wakker ouma steek 100-kerf verby

2015-05-08 10:21
Familie van St Francisbaai, Port Elizabeth en Kaapstad het spesiaal na Jeffreysbaai gekom om Janet - Bastiaanje Opperman de Visser -  (middel voor) se 100ste verjaardag saam met haar te vier. Hier is Brenda Cattarinussie (kleindogter), Jorja Parker-N

Familie van St Francisbaai, Port Elizabeth en Kaapstad het spesiaal na Jeffreysbaai gekom om Janet - Bastiaanje Opperman de Visser - (middel voor) se 100ste verjaardag saam met haar te vier. Hier is Brenda Cattarinussie (kleindogter), Jorja Parker-N

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

STILSIT is nie in die woordeskat van Janet (Bastiaanje Oppermann de Visser) nie.

Dié fyn, vriendelike vroutjie wat verlede Donderdag haar 100ste verjaardag gevier het, se geheue is nog vlymskerp en sy weet presies wat sy wil hê. Dit is net die oë en been wat so ’n bietjie pla - verder is sy piekfyn. Was dit nie vir ’n lelike val verlede jaar nie, sou sy nog sonder ’n rolstoel oor die weg kon kom.

Janet is die oudste inwoner van Amala Oue-tehuis in Jeffreysbaai en die eerste om haar 100ste verjaardag te vier.

Volgens kleindogter Shirley Parker-Nance, was haar ouma baie presies oor ‘op watter’ soetigheid haar kersies moet pronk - Griekse sjokoladekoek en kaaskoek. “Dít is altyd kaaskoek, haar gunsteling; ons hoef nie eers meer te vra nie,” sê sy.

Wat gee mens vir iemand met ’n eeu se ervaring en twee wêreldoorloë op haar kerfstok? “Kit Kat en drop, sonder twyfel. Sy is mal daaroor,” sê Parker-Nance laggend.

Parker-Nance vertel Janet se geheim vir ’n lang lewe is “gesonde gewoontes en liefde”.

“Sy raak glad nie aan drank nie. Sy het nog net een keer ’n bietjie sjerrie gedrink en was dodelik siek daarna. Sy het daar en dan haar voorgeneem sy sit nooit weer haar lippe aan drank nie - en sy het ook nie.

“Sy was baie gelukkig getroud en praat nog baie van haar man.”

Janet het in 2003 van Nederland na Suid-Afrika geimmigreer en vir elf jaar by haar dogter Elze Kuiterz, in St Francisbaai gewoon voor sy verlede jaar na Amala verhuis het

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.