Openbare sittings kom oor SA se kernplanne

2015-08-20 06:00

OPENBARE sittings gaan “binnekort” in die parlement gehou word oor die Staat se omstrede kernkragplanne.

Fikile Majola, voorsitter van die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Energie, het bevestig dat “daar tans ’n proses van konsultasie is om vas te stel presies wanneer en hoe openbare sittings moet plaasvind”.

“Maar ek kan met sekerheid sê dit sal binnekort wees.”

Dít volg op die ANC se beroep op die Regering om hom tot ’n deursigtige koste-ontleding van sy kernkragplanne te verbind.

Die beroep is gedoen in sy beleidsbesprekingsdokumente wat vandeesweek bekend gemaak is in aanloop tot die party se nasionale algemene raadsvergadering in Oktober.

“Die Regering moet hom verbind tot ’n volle, deursigtige en deeglike koste-ontleding van kernkrag as deel van die verkrygingsproses,” lui die dokumente.

Die ANC waarsku dat kernkrag “slegs verkry kan word in ooreenstemming met die wettige voorskrifte en ná ’n deeglike assessering van bekostigbaarheid”.

Majola het die ANC se posisie verwelkom.

“Ons het al aangedui, as ’n komitee, dat ons ’n deeglike, deursigtige tenderproses nodig het as gevolg van die grootte van die proses.”

Die Departement van Energie het onlangs onder skoot gekom weens die ‘geheimsinnige aard’ van die kernkrag-verkrygingsproses ondanks spertye wat gestel is – insluitend vir die kies van ’n strategiese vennoot teen die einde van die boekjaar.

Na berig word, sal Tina Joemat-Pettersson, minister van energie, ook geroep word om aan die komitee te verduidelik wat die aard van die kernreaktor-samewerkingsooreenkoms met Rusland is. Dié ooreenkoms sluit die voorsiening van tot soveel as agt kernkragaanlegte in.

) Intussen dui die ANC se beleidsdokumente ook daarop dat die nasionale kragtekorte ’n sleutelbeperker van die land se groeiplanne en werkskeppingspogings is. Dit waarsku ook dat ’n “ineenstorting van die kragverspreidingsinfrastruktuur” onvermydelik kan wees as die nasionale tesourie nie betrokke raak nie

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.