Ouerpaar te laat om te groet

2015-09-10 06:00
Marco Martino.  

Foto: 
facebook

Marco Martino. Foto: facebook

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MARCO Martino (23), jong van Frankryk, se girokopter het by Patensie neergestort en aan die brand geslaan.

Al het sy ouers inderhaas na SA gevlieg, het hy reeds aan ernstige brandwonde beswyk.

Martino het Vrydagmiddag by Andrieskraal sitrusboorde teen kodlingmotte bespuit. Die girokopter, wat hy vir plaagbeheermaatskappy Xsit gevlieg het, het na bewering teen ’n berg vasgevlieg voordat dit neergestort het.

Martino is per lugambulans gered en na ’n hospitaal in Port Elizabeth gebring. Hy is egter dié nag kort na middernag oorlede.

Sy ouers was op die eerste beskikbare vlug na Suid-Afrika, maar was glo nie betyds om afskeid van hul seun te neem nie.

Sam Groenewald, uitvoerende hoof van Xsit, het die ouerpaar gister na die ongelukstoneel gebring.

“Van sy vriende het ons vergesel. Dit was ’n hartseeroomblik, maar ook goed op ’n manier deurdat dit mens nader aan aanvaarding van wat gebeur het, kan bring,” sê Groenewald.

“Marco was ’n aangename jongman, ’n uitstekende vlieënier en ’n aanwins vir die maatskappy – vir my is dit soos om ’n seun te verloor.”

Martino het sy vliegopleiding by Aptrac Aviation in die Baai ondergaan. Hy het sy opleiding glo vier maande gelede hier voltooi en toe met verdere opleiding in Kaapstad begin.

“Marco was ’n kommersiële vlieënier. Hy het sy verdere opleiding deur ons gedoen en toe ook vir die maatskappy gewerk. Die personeel by Xsit is ontsettend geskok,” sê Groenewald.

Teen gistermiddag was dit nog onduidelik wat die oorsaak van die ongeluk was.

Volgens Colin Dettman, ’n vlieënier en girokopter-kenner, is dié vliegtuie van die veiligstes om te vlieg. “Om girokopters vir bespuitingsdoeleindes te vlieg, is egter effens moeiliker as wanneer jy dit vir ’n skou doen.

“Al wat vir ons duidelikheid kan bring oor die ongeluk, is die polisie ondersoek,” sê hy.

Volgens ao. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het kenners van burgerlugvaart Saterdag om 04:00 die ongelukstoneel vir leidrade nagegaan

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.