Plaaslike brandweerman wys sy staal by wêreldspele

2015-08-27 06:01
Uitenhage brandweerman Riaan Senekal het aan die wêreldspele vir  polisie- en brandweerlede deelgeneem wat in Washington gehou is. Hy het met drie medaljes huis toe gekom. 
                                              Foto:
THEO JEPTHA

Uitenhage brandweerman Riaan Senekal het aan die wêreldspele vir polisie- en brandweerlede deelgeneem wat in Washington gehou is. Hy het met drie medaljes huis toe gekom. Foto: THEO JEPTHA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

RIAAN Senekal, die dryfkrag agter die vrywillige brandweerdiens in Gamtoos en ’n brandweerman van Uitenhage, was die enigste Oos-Kapenaar wat aan die wêreldspele vir polisie- brandweerlede in Washington deelgeneem het en hy het drie medaljes huistoe gebring.

Senekal het in 1998, 2010 en 2012 aan wêreld-brandweerspeles deelgeneem en ’n totaal van 12 medaljes gewen, waarvan vier goue medaljes is. Dit was vanjaar die eerste keer dat hy aan die wêreldspele vir polisie-brandweerlede deelgeneem het.

“Dit is baie groter as die brandweerspele waar so 10 000 deelnemers was. By hierdie spele was die deelnemers van 60 lande afkomstig en het meege-ding in 60 sportsoorte,” het Riaan Senekal gesê, wat by die KwaNobuhle brandweerstasie gestasioneer is.

Volgens Senekal, wat een van 26 Suid-Afrikaners was wat aan die wêreldspele deelgeneem het, was die kragmetings hard.

“Ek het voor die tyd op Google geboer en na die afstande gekyk in spiesgooi, gewigstoot en hamergooi. Toe sien ek, nee boetie ... met die spies en gewig gaan ek nie in my ouderdomsgroep die paal haal nie. Maar in hamergooi het ek gesien ek staan ’n goeie kans.”

Senekal se kans is bewaarheid en hy het in die hamergooi (ouderdomskategorie 40 - 44 jaar) ’n brons-medalje gewen.

Terwyl hy nog by die George Mason Universiteit se sportvelde was kry hy ’n WhatsApp boodskap van sy Suid-Afrikaanse kollegas wat hom as anker soek vir die toutrekspan.

“Washington is groot, die verkeer erg en die toutrekkers is 15km ver. Taxis is vrek duur en jy betaal tot 50 dollar.

“Gelukkig het een van die vrywilligers wat by die spele help aangebied om my per motor na die span te neem.”

Senekal het as anker van die toutrekspan bygedra dat hulle in die swaargewig sowel as die ope-afdeling silwer-medaljes gewen het.

Hul Noorweegse eweknieë was net te sterk en is as die kampioene gekroon.

Senekal het 24 jaar diens as ’n brandweerman.

Hy beplan reeds vir die volgende spele wat in 2017 in Montreal, Kanada gehou word.

“Dan wil ek aan vyf items deelneem. Vir die eerste keer sal ek nou die kans kry om in my gunsteling sport mee te ding en dit is visvang!”

Die ander items waaraan hy gaan deelneem is ’n gewigoptel-kompetisie, 50m swem, hamergooi en toutrek.

“My broer Alton Senekal is ook in die brandweer en lief vir sport én hy is my beste vriend.

“Ek kan nie wag dat ons twee by dié spele in Montreal weer vir ‘n slag saam kan meeding nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.