Renoster in stryd om oorlewing

2015-06-04 06:00
Die verminkte renosterkoei, Hope wat twee weke gelede ’n aanslag van stropers op die Jeffreysbaai se Lombardini-natuurreservaat oorleef het, se neusplaat is onlangs verwyder.                                           
       Foto: 
Facebook

Die verminkte renosterkoei, Hope wat twee weke gelede ’n aanslag van stropers op die Jeffreysbaai se Lombardini-natuurreservaat oorleef het, se neusplaat is onlangs verwyder. Foto: Facebook

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

JEFFREYSBAAI se Lombardini-renoster wat ’n wrede stropingsaanslag oorleef het en intussen ‘Hope’ gedoop is, sal eers met haar oopgekapte sinusholtes moet oorleef.

Nog drie renosters van die Lombardini- Private Natuurreservaat het nie lewend uit stroperhande gekom nie.

Hope se oorlewing word as ‘wonderbaarlik’ beskryf, aangesien haar horings tot onder die groeiplaat (horingbed) uitgekap is.

Dit het haar met gapende kopwonde gelaat.

’n Beskermende plaat is oor haar oop sinusholtes aangebring, maar everlede week was sy weer op die operasietafel by die Shamwari-Natuurreservaat sodat dit verwyder kon word.

“Die (neus)plaat was vir Hope ’n traumatiese ervaring. Sy het die plaat teen al wat ’n ding is, gekap en geskuur – dit was vir haar ’n irritasie,” sê dr. William Fowlds, veearts van Investec Rhino ­Lifeline.

Om verdere skade aan die rou wond onder die neusplaat op die horingbed te voorkom, is die neusplaat verwyder.

“Die plaat was nie baie styf vasgemaak nie, omdat ’n groot deel van haar neusbeen uitgekap is en die orige beendere nie geskik was om gate in te boor nie.”

Vrese dat Hope die oop wond ook teen ’n boom sal skuur, was ongegrond.

Fowlds is nou daarvan oortuig dat die neusplaat die wond verlede week laat jeuk het.

“Tekens van nuwe weefsel is wel verlede week onder die neusplaat gesien. Dit is ’n bewys dat die wond droog en gesond word,” merk Fowlds hoopvol op.

Daar is wel kommer dat larwes in die rou wond kan uitbroei, maar volgens Fowlds is dit ’n “beheerbare” risiko.

“Natuurlik kan ons nie Hope elke dag verdoof om die wond skoon te maak nie, dus sal ons die wond se vordering van ’n afstand dophou.

“Hope se beweging en eetlus sal baie noukeurig gemonitor word.

“Gelukkig is dr. Johan Joubert (Shamwari se natuurlewe-direkteur) en dr. Gerhard Steenkamp hirurg en wildveearts van Onderstepoort) elke dag by Hope.”

Die belangrikste vir Fowlds is Hope se wil om te leef. “Hope eet baie goed en dit is ’n teken van ’n dier wat wil leef.

“Maar dit is nog ’n baie, baie lang pad voor sy weer gesond is, en nog baie jare voor haar gesig heeltemal sal herstel.”

Stropers het vier renosters, wat ’n bulkalf insluit, binne twee weke in die Lombardini-reservaat aan­geval.

Hope is vier dae ná die aanval vermink in die bosse aangetref

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.