Renosterstropers slaan toe

2015-05-08 10:21

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“AS ek daai stroper in die hande kry . . . ek sal hom nie ’n kans gee nie.”

Johan Lottering, eienaar van Jeffreysbaai se Lombardini-natuurreservaat, het Vrydag steeds gesoek na die regte woorde om sy pyn en frustrasie uit te druk nadat ’n renosterkoei en haar kalfie Woensdagnag in dié 1 300 ha-reservaat afgemaai is.

“Die stroper(s) weet gewis wat hulle doen. Elke dier het een doodskoot deur die hart en longe gekry.”

En, voeg Lottering by, die stroper(s) het op ’n winderige, reënerige volmaanaand toegeslaan.

“Gewoonlik verskerp ons die patrolering tydens volmaan, maar dié keer was die wind só sterk, ons het nie gedink daar sou ’n stropingsgevaar wees nie.”

Lottering het verder die polisie en Groen Skerpioene geprys vir hul blitsige en profes-sionele reaksie ná die noodoproep. “Tussen wind en reën is die meeste spore egter uitgewis,” sê hy.

Dié jongste renosterslagting bring die getal gestroopte renosters dié jaar in die Oos-Kaap op tien te staan.

Dit is die eerste keer dat renosters wes van Port Elizabeth gestroop is.

Al die Lombardini-renosters (Lottering wou nie die presiese getal bekend maak nie) is drie jaar gelede ter wille van hul eie veiligheid onthoring.

Die gestroopte koei was deel van dié onthoringsoperasie, maar ’n deel van haar horing het intussen weer teruggegroei.

Lottering praat met die afgemetenheid van iemand wat ontsteltenis en woede uit sy stemtoon wil hou.

“Woensdagnag het hulle die teruggegroeide gedeelte én die groeiplaat uitgekap. Die bulkalfie het nog nie eens ’n horing gehad nie. Ek vermoed hy wou nie sy ma verlaat nie en is gevolglik geskiet om hom uit die pad te kry. Hy het nog aan haar gesoog, want hy is in Februarie gebore.”

Lottering sê dat diegene wat die wettige “oes” van renosterhoring teenstaan, in effek aan die stropers se kant is, want so lank die produk “skaars” is, só lank sal stropers bly toeslaan.

Drie jaar gelede het “stropers”, erg aangetas deur wingerdgriep, ook op Lombardini toegeslaan.

Barendina, veselglasrenoster in die kroeg, was die slagoffer.

Susan Lottering, mede-eienaar van Lombardini, het destyds vermoed die kroeg-inbreker(s) moes iewers gehoor het dit is iets werd, “want ’n kas vol brandewyn en rum is nie eens gebuit nie, maar Barendina is wél gestroop”.

Barendina is geskep uit die afgietsel van die eerste (regte) renosterkoei in die reservaat. Selfs die polisie kon nie hul oë glo toe hulle Barendina sonder haar horings daar sien lê het nie

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.