‘Rompslomp’ kortwiek padwerk

2015-08-13 06:00
Geen instandhoudingswerk aan paaie in Kouga en Koukamma word tans gedoen nie. 
            Foto:
MARINDA HOUGH

Geen instandhoudingswerk aan paaie in Kouga en Koukamma word tans gedoen nie. Foto: MARINDA HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MILJOENE Rand vir die herstel van die voosgeryde paaie in die Sarah Baartman-distriks-munisipaliteit - wat Kouga en Koukamma insluit - is “gevries” weens personeeltekorte en gebrekkige vooruitbeplanning.

Was laasgenoemde in plek, sou herstelwerk al aan dié paaie, wat oor duisende kilometer strek, reeds kon begin.

Nou staan alles stil, want die tenders vir die werk is nooit geadverteer nie. Dit het tot gevolg dat kontrakte vir onderhoudswerk vir minstens vyf onderskeie munisipaliteite in die Sarah Baartman-distrik, wat einde Julie verstryk het, steeds nie gevul is nie.

Die proses om sulke kontrakte aan die geskikte kandidaat toe te ken, duur gewoonlik tussen nege en 15 maande – ’n onmoontlike situasie in baie gebiede weens die tallose slaggate en paaie só platgetrap dat dit al die natuurlike kontoere aangeneem het, bevestig Marius Keyser, distrikspadingenieur van Paaie en Openbare Werke in die Oos-Kaap.

“Die strategiese beplanning is ongelukkig gebrekkig,” erken Keyser.

Planne word nou gemaak met die bietjie geld wat wél volgens regulasie van die wet beskikbaar is: kleiner kontrakte vir padherstelwerk, wat nie ’n begroting van R5 miljoen oorskry nie, kan wel deur die onderskeie munisipaliteite wat sonder nuwe kontrakte is, aangegaan word.

Die groot kopseer is die sowat 8 000 km se gruis- en teerpaaie van die Blue Crane-, Kamdeboo-, Kouga-, Koukamma- en Baviaans-munisipaliteite, waar geen instandhoudings-werk tans gedoen word nie.

Volgens Keyser is gruis- en teerpaaie se jaarlikse herstel- en instandhoudingskoste tussen R15 000 en R20 000 per kilometer.

Gevolglik word ’n geskatte begroting van tussen R120 miljoen en R160 miljoen vir die ongeveer 8 000 km se paaie benodig.

Tenders vir dié kontrakte is glo reeds geopen en sal binnekort sluit. Hierna sal die “ge-skikte” kandidate aan ’n komitee voorgelê word, waarna die suksesvolle kontrakteurs aangestel sal word.

“Ons weet daar is ’n agterstand, maar ons hoop om teen middel Oktober met die werk te begin,” sê Keyser.

Intussen het Agri Oos-Kaap ’n hofbevel aangevra wat dié departement sal dwing om hul rol te vervul, en dat die provinsiale paaiedepartement aanspreeklik gehou moet word vir die “swak” toestand van die Oos-Kaap se paaie.

“Jare lank sukkel die provinsie met die gehalte van paaie. Al ons gesmeek en gesoebat het geen verbetering gebring nie. Die departement skuld die provinsie antwoorde, en die hof gaan sorg dat ons dit kry,” sê Ernest Pringle, uittredende president van Agri Oos-Kaap.

Pringle sê, saam met die hofbevel, sal Agri Oos-Kaap aandring dat die publiek hul on-koste om self paaie te herstel, van die departement kan terugeis.

“Dít moet beleid word! Veral in die landelike gebiede, waar boere self paaie regmaak ter wille van ekonomiese oorlewing .”

Die Baviaanskloofpad was in só ’n haglike toestand dat die boere die pad self herstel het om te verhoed dat toeriste wegbly en aflewe-rings weens die moeilike rytoestande gestaak word. Die boerevereniging het aangedui dat hulle ’n eis vir hul uitgawes sal indien.

Op sy beurt het Keyser erken die Baviaans-munisipaliteit is met die vorige geldtoekennings vir padwerk oor die hoof gesien. “Dis hoekom die Baviaanskloofpad in so ’n toestand was,” maar hy het bygevoeg dat geen private persoon kragtens die huidige bepalings vir hul “padwerkdienste” vergoed sal word nie

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.