‘Sarah Baartman was ’n heldin, nie ’n frats nie’

2015-10-01 06:00
Khoisan-stamleier Jean Burgess sprinkel verlede Donderdag water oor Sarah Baartman se graf in Hankey. Agter haar is nog ’n stamleier, Margaret Coetzee, wat ook gister se amptelike Erfenisdag-vieringe van die Oos-Kaapse regering bygewoon het.

Khoisan-stamleier Jean Burgess sprinkel verlede Donderdag water oor Sarah Baartman se graf in Hankey. Agter haar is nog ’n stamleier, Margaret Coetzee, wat ook gister se amptelike Erfenisdag-vieringe van die Oos-Kaapse regering bygewoon het.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

EEN vir een en kaalvoet stap die stamlede stadig deur die heining om die “heilige grond” te betree.

“Maak my toe onder die bloed,” sing hulle in Khoi terwyl hulle nog klippe op Sarah Baartman se graf pak.

Die eertydse Cacadu-distriksmunisipaliteit is verlede Donderdag in Hankey amptelik herdoop na dié ikoniese Khoisan-vrou van die Gamtoosvallei.

Nadat sy in 1815 in armoede in Parys, Frank­ryk, gesterf het, is sy in 2002 hier herbegrawe. In April vanjaar het Baartman se grafsteen, soos ander monumente in die land, onder vandale deurgeloop. Nou bid stamleier Gert Steenkamp dat “dié wat dit aan ons moeder se rusplek gedoen het, vergewe word, want hulle weet nie wat hulle gedoen het nie”.

“Maar tog moet hulle weet hulle het die harte van vele gebreek.”

Nog ’n stamleier, Jean Burgess, sprinkel water oor Baartman se laaste rusplek. Haar graf staan op ’n koppie bokant die bouterrein waar die Sarah Baartman-gedenksentrum tans in aanbou is. Die grafsteen sal eers herstel word as die gebou klaar is.

Die res van Donderdag se verrigtinge wat as die Oos-Kaap se amptelike Erfenisdagvieringe gedien het, is by die Hankey Sekondêre Skool voortgesit met sang en dans en verskeie amptelike toesprake.

Burgess se vertelling oor Baartman wat in die 1800’s as “natuurfrats” in Engeland uitgestal is, het provinsiale leiers só beïndruk dat daar en dan besluit is dat dié vertelling opge-neem moet word vir die nageslag.

Phumolo Masualle, premier van die Oos-Kaap, het in sy halfuurlange toespraak hulde aan Baartman gebring. “Dié distrik is die enigste in die hele land wat die naam van ’n vrou dra,” het hy gesê. “Sy maak geskiedenis, nie omdat sy ’n frats was nie, maar omdat sy ’n heldin is.”

Daarna was dit tyd vir egte Khoisan-kos. Disse soos souskluitjies, stampmielies, braaivleis en roosterbrood. “Dit is ons erfenis en ons is trots daarop. Ons wil dit met die wêreld deel,” sê stamleier Xam-Gaob Maleiba en “guns-guns” bygevoeg, die Khoisan-woord vir dankie

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.