Serieuse gedagtes oor verhogings

2015-07-02 06:00
: 
Jannie Hough

: Jannie Hough

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VANDAG moet ’n slap slagveer nie my geweer laat kets nie. Want ek wil ernstig pleit vir ’n 100% verhoging vir alle parlements-lede - veral vir Ju Ju.

Maar my rekenaar hou aan uitsny. (Voel-voel na die Olivetti). Ek kan nie my frustrasie-toleransie met koue water verlaag nie, want die ys- en vrieskas is af. Ek stamp my knieë velaf, want ek kan nie sien waar ek loop nie. Ek weier egter om enigiets oor Eishkom te skryf, want dis tyd vir simpatie met die Ligmaker. Hulle dus ter syde.

Daar gaan die krag aan. En af. En aan. Kwing-kwang, heen-en-weer. Dit wys jou die Prins van Duisternis probeer sy beste. Dus - geen kleinsielige kommentaar nie. Maar hou dié ruimte dop - Eishkom sal sy beurt kry.

Net so ’n terloopsie

Ek sal nie vandag oor Eishkom skryf nie: Ons gaan glad te krities met die Mag van Duisternis om. Die krisis is nie hulle skuld nie. Dink:

. Wie se skuld? Die huidige kragtekort is die skuld van kolonialiste met hulle pofbroeke, byekorfhaarstyle en hoepelrokke. Dis hulle en hul faikonta elektrisiëns wat vir drie plus eeue rondom die ligprobleem gepolenys en raaswater gegorrel het - terwyl die kragstasies en ander elektriese infrastruktuur stadig verkrummel en ineengestort het weens vrot bouwerk.

. Met die koms van die demokrasie (Juig al wat leef!) moes al hierdie M.Sc.- kreti en pleti (kastige elektrisiteitskenners, ha!) verwyder word, en ware kragkenners in hul plek aangestel word. Nou verwag ons dié nuwe geslag elektroniese elite (wat elke faset van kragvoorsiening ken, van vlakvarke oor ’n misvuur gebraai tot by tjou-tjou in ’n mikrogolf) moet alles in ’n paar jaar regruk!

. Maar die kragreus kort geld, man - tjieng, mali, moola, dollars, escudo’s. Verstaan ons dit dan nie? Jy kan nie hooggeleerde, akademiese reuse vir die werk aanhou en hulle peanuts betaal nie. Ek bepleit minstens R50 000 per maand vir ’n gewone sparkie, R250 000 vir bestuurslede en ’n miljoen vir die Sie-Ie-Ou. Watter CEO werk in ’n demokrasie vir minder as sewe syfers? Weet jy wat kos whiskey? Gee daai man ’n Bell’s!

. Kwit, man, gebruik julle harspanne. ’n Verhoging vir die kragreus vir 2016 moet minstens 150% beloop. Watwou 25%! Eishkom sal self sorg dat die geld regverdig versprei word. Moenie jy daaroor karring nie . . . betaal net.

. Pasop as die krag-Enakiet regtig kwaad word. Dan stel hulle Fase 5 van beurtkrag in. Dit beteken hulle werkers gaan na alle huise toe, blaas die kerse dood, plaas ’n heffing op lampe met gelaaide batterye, tap petrol uit kragopwekkers en verklaar ’n algehele ne-gende plaagduisternis. Of jy nou kwiek en of jy nou kwak - dis jou voorland as jy nie ophou moan nie.

Maar, soos belowe - ek wil nie oor Eishkom skrywe nie. Kom ons praat oor ernstige sake, soos die 100% verhoging vir die hardwerkende parlementslede.

Laat ek gou my sé sé - voordat beurtkrag ins . . . kliek . . . ko . . . kliek . . . p . . .. Kliek. Inskop

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.