Sitrusboere se vrees was verniet

2015-07-30 06:00
In die Gamtoosvallei, deurdrenk na die afgelope tyd se milde reëns, het daar ’n  gesamentlike sug van verligting opgegaan noudat die sitrusboorde droog genoeg is om die oes te kan pluk
                  Foto: 
FOTO24

In die Gamtoosvallei, deurdrenk na die afgelope tyd se milde reëns, het daar ’n gesamentlike sug van verligting opgegaan noudat die sitrusboorde droog genoeg is om die oes te kan pluk Foto: FOTO24

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ALLE vrese dat swaar reënval groot skade aan die Gamtoosvallei se sitrusboorde sou veroorsaak én die pluk van sitrus sou belemmer, is gister met sonskynweer besweer.

Boere was bevrees dat hulle tot miljoene rande se skade kon ly as daar nie teen Sondag begin kon word om die 40%-uitvoergehalte sitrusvrugte, wat gevaar gestaan het om gehalte te begin verloor, te pluk nie.

Die boorde was die afgelope week of twee te nat om binne te gaan, maar gisteroggend kon die plukkers sonder enige probleme met hul werk voortgaan, bevestig Spes du Preez, voorsitter van die Gamtoos-boerevereniging.

“As die boere nie vandag (gister) kon voortgaan met die pluk van die vrugte nie, want dit hang nou ryp aan die bome, sou die vrugte se gehalte vinnig begin afneem het. Minstens 60% van die uitvoersitrus is darem al in die pakhuise.

“Te veel reën beïnvloed die suur- en suikergehalte in die vrugte, wat die raklewe daarvan aantas. Hierbenewens word die lewering van die vrugte aan die oorsese markte erg in die wiele gery as daar gewag moet word dat die grond kan uitdroog.

“Gelukkig lyk dit of ons steeds die vrugte betyds by die uitvoerbestemmings sal kry, en sal die gehalte steeds uitstekend wees,” het ’n baie verligte Du Preez gesê.

Du Preez sê vir elke dag wat die toestand so voortgeduur het, het die situasie al hoe meer kritiek geraak, veral aangesien die meeste van die vrugte wat nog aan die bome hang van die gewildste variëteite is, soos die sagteskil-, suurlemoen- en die valensia-groepe.

“Alles omtrent die oes is hierdeur geraak. Alle programme moes aangepas word om die vrugte by die oorsese markte te kry voordat dit te laat is. Gelukkig is die vrugte aan die bome steeds topgehalte en sal dit nie nodig wees om na markte te soek wat produkte van swakker gehalte aanvaar nie,” aldus Du Preez.

Verlede jaar het die Gamtoosvallei se boere 2,5 miljoen kartonne sitrus na die buiteland uitgevoer.

Daar kan ook nou voortgegaan word met die plant en oes van varsprodukte, het hy gesê en bygevoeg dat hulle veral verlig is oor die feit dat aartappels ook nou in die grond kan kom

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.