Stem vir ’Kouga Express’ oud-redakteur as voorbladnooi

2015-04-30 17:24
Stem vir oud-Kouga Express redakteur, Lizelle Verrall as die voorbladnooi vir die Afrikaanse tydskrif Sarie. 
          Foto:
CARLA VAN DYK

Stem vir oud-Kouga Express redakteur, Lizelle Verrall as die voorbladnooi vir die Afrikaanse tydskrif Sarie. Foto: CARLA VAN DYK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BEKEND as iemand wat nooit vir ’n uitdaging agteruitstaan nie, het sy die mediawê-reld vir die van ’n dosent verruil. Nou hoop sy om eersdaags op die voorblad van die gewilde Afrikaanse tydskrif, Sarie, te pronk.

“Ek het nog nooit vir enige skoonheidskompetisie - of enige ander tipe kompetisie van ’n soorgelyke aard - ingeskryf nie. Na vriende my aangehits het om vir Sarie se 2015 Voorbladgesigkompetisie in te skryf, het ek besluit om ’n bok vir sports te wees,” sê Lizelle Verrall (35), beter bekend aan Kouga Express-le-sers as Lizell Delport-van Wyk.

Lizelle was van 2007 tot 2011 die redakteur van die Kouga Express.

“Dit sal vir my ’n groot eer wees om as finalis gekies te word, nie eens gepraat van om as die wenner aangewys te word nie.”

Volgens Lizelle is die perfekte Sarie-voorbladgesig iemand wat hulself is. “’n Natuurlike skoonheid, iemand wie se oë lewe,” sê Lizelle.

“Enigiemand kan modelmooi lyk met programme soos Photoshop, die regte beligting, salonhare en die perfekte grimering. Ek glo ’n vrou se skoonheid lê in haar natuurlike gelaatstrekke - die glimlagplooitjies om haar mond en oë, asook die een of twee grys haar-tjies wat hier en daar kop uitsteek.

“Dit is mos iemand waarmee ellke vrou mee kan identifiseer en nie minderwaardig voel wanneer daar na haar gekyk word nie.”

Lizelle beskryf haarself as iemand met ’n positiewe gesindheid teenoor die lewe. “Ek is mal oor lag en het ‘n sagte plek vir diere. Ek hou daarvan om met mense te werk, en pro-beer daagliks om ’n verskil in iemand se lewe te maak - al is dit net om iemand se dag op te kikker deur ’n glimlag met hulle te deel,” sê sy.

“Toe ek my vriende vra hoe hulle my sou opsom, het hulle geantwoord dat ek ‘n baie lojale persoon is en dat ek altyd tyd maak om na iemand te luister en altyd help waar ek kan.”

Op die vraag wat sy omtrent haarself sou verander, vra sy laggend: “Is dit nou persoonlikheidsgewys of liggaamlik? Ek sou graag meer geduld wil hê. Nie noodwendig met ander nie, maar met myself ook. Liggaamlik ... ja wel, ek sou nie omgee om oor die nodige deursettingsvermoê te beskik om van daardie eksta paar sentimeters ontslae te raak nie.”

Lizelle, wat op Jeffreysbaai grootgeword het, is op 1 November 2014 met Stephen Verrall getroud. Hulle bly tans in Port Elizabeth en het saam vier kinders: Ethan (13), Jonelle (11), Luke (10) en Markus (6).

Sy is tans ’n dosent in Joernalistiek en Mediastudies by Damelin Kollege in Port Elizabeth.

Om vir Lizelle te stem, besoek http://voorbladgesig.sarie.com/entries/lizelle-verall// en gee haar ’n sterre-toekenning - hoe meer sterre hoe beter is haar kans om as een van die finaliste aangewys te word. Stemme is tot een per persoon beperk. Diegene wat stem, staan ’n kans om ’n geskenkpak te wen

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.