Stormwind rig groot skade op Joubertina aan

2015-06-11 06:01
“Toe ons wakker word, is ons dak in ander land,” sê ’n verslae Joubertina-inwoner na stormwind haar motorhuisdak soos ’n opgefrommelde stuik papier in die leë erf langsaan, neergegooi het.

“Toe ons wakker word, is ons dak in ander land,” sê ’n verslae Joubertina-inwoner na stormwind haar motorhuisdak soos ’n opgefrommelde stuik papier in die leë erf langsaan, neergegooi het.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Leerders van Hoërskool McLachlan kon verlede week verlig terug onder hul warm komberse inkruip na ‘ n storm hul eerste eksamendag van die kalender afgewaai het. Die skool moes leerders noodgedwonge huis toe stuur toe die krag en water weens die stormsterkte wind en meedoënlose reën afgesny is.

Joubertina in die Langkloof het verlede Woensdagnag deurgeloop: dakke van etlike huise is beskadig, bome - vrugtebome insluit - en mure is omgewaai, provinsiale padborde lê geknak langs die pad, en groot dele van dorp was sonder krag en water. Inwoners en besigheideienaars kon net verslae na die grootskaalse skade staar.

“Diegene wie se huise onbewoonbaar is, is gelukkig almal by bure, familie of vriende gehuisves. Die grootste probleem was kommunikasie, aangesien geen selfoonontvangs beskikbaar was nie,” sê Cila Reeders, DA- raadslid van die streek.

Joub’s, voorheen bekend as Die Ark, het erg onder die natuurelemente deurgeloop. Volgens Riana Martinson, die eienares van die Appelkas Padstal by Joub’s, het verskeie dakplate in die slag gebly en die reën het die plafon op verskeie plekke laat meegee.

“Die hele plek is onder water, met die meeste skade in die kombuis,” sê Martinson. “Dit kan ons tot twee weke neem om die skade te herstel, die hele plafons al vervang moet word.”

Volgens Martinson, verkoop hulle handgemaakte items van 40 plaaslike ‘entrepreneurs’, asook die van vier buiteverskaffers. “Gelukkig is die meeste items en plastiek en is dit nie beskadig nie. Die meeste van ons houtkaste en -rakke sal vervang moet word.”

Dit, wat ’n anonieme inwoner eers gedink het, is ’n rondloper koei en toe ’n enkele dakplaat, was toe haar hele motorhuis se dak.

Volgens die inwoner het hulle rondom 01:30 wakker geword van die wind wat verwoed aan die kamervensters gepluk het.

“Ek het by my venster uigekyk, en iets in die oop erf langs ons sien lê. My eerste gedagte was dat dit een van die rondloperkoeie is, maar het later besef dat dit ’n dakplaat is. Nooit het ek gedink dat dit my hele motorhuis se dak is nie. Ons het verskeie meubels daar gestoor,” sê sy.

“Waar begin ’n mens?,” het sy verslae gevra. “Maar die mense is goed vir ons. Baie het hul hulp kom aanbied.”

Die landdros se afdak en nuwe karavaan het ook in die slag gebly.

Die storm was iets wat hy nog nooit voorheen beleef het nie, sê Marius van der Westhuizen, voorsitter van die Langkloof-boerevereniging.

“Ek self het skade in Joubertina met dakke wat afgewaai het. Daar het oral bome omgewaai, maar gelukkig is die oes al af. Dis nou net water wat skade kan maak, maar ons is baie dankbaar vir die reën,” sê hy.

Ligte kapok, wat gesmelt het voor dit die grond bereik het, het verlede Donderdag plek-plek in die Langkloof uitgesak

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.