Tannie Poppie maak Patensie-draai

2015-06-25 06:00
Tannie Poppie hou van drukkies en kook. Sy het onlangs die liefde van haar met besoekers aan die jaarlikse Patensie Sitrusfees gedeel. Surette Voigt volg in haar ma se voetspore. 
                Foto:
MONIQUE BASSON

Tannie Poppie hou van drukkies en kook. Sy het onlangs die liefde van haar met besoekers aan die jaarlikse Patensie Sitrusfees gedeel. Surette Voigt volg in haar ma se voetspore. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

EK wil nog hand uitsteek, toe gee sy my sommer ’n stywe druk daar reg in die middel van Tolbos in Patensie.

Poppie Coetzer, alombekend as Tannie Poppie, hou van drukkies en kook, en sy het onlangs dié liefde van haar met besoekers aan die jaarlikse Patensie Sitrusfees gedeel.

Tannie Poppie, bekend as die onthoukok wat vierde in kykNET se kookprogram Kokkedoor geëindig het, het ’n tydjie in haar besige program afgeknyp, en gou ’n koppie koffie saam met die Kouga Express gedrink.

Toe het die gesels begin.

Die name van geliefde en nuwe resepte rol van haar tong af. Papaya-chilli-konfyt, aartappelfudge, advokadopeerkoek, komkommer-konfyt en lemoenslaai met piccadillies.

Vir ’n groentjie, wanneer dit by kosmaak kom, klink dié soet-suur-‘konkoksies’ so reg uit Hilda van 7de Laan se kraal. Soos almal te goed weet, is haar skeppings altyd ’n waagstuk om te probeer.

Dié unieke smaakkombinasies is egter so salig op die tong, dat tannie Poppie met twee kookboeke spog (die tweede boek is binnekort op die rakke), en haar dagboek is tot einde Desember volbespreek. Tannie Poppie verseker dat al haar resepte beproefde familieresepte is.

Sy het verder ’n rubriek in Sarie, is ’n be-kende stem op Radio Kansel, het 12-weke lank saam met André Schwartz op ontbyt-TV gekook en sy maak tot boerewors op YouTube.

“Alles het met ’n grap begin, die kinders het my ingeskryf. Op 66-jaar oud, was ek in ’n ding in,” vertel sy.

Hoewel sy nie die Kokkedoor-reeks gewen het nie, was sy een van die gewildste deelne-mers. Deesdae is sy ’n huishoudelike naam en gesels, kook, bak en brou die land aan die brand.

Verlede Saterdag het sy aan feesgangers gewys hoe om ’n outydse lemoenkoek met gedroogte vrugte te maak en lemoenslaai met piccadillies - vir daardie soet-, sout- suur smaak. Hoenderfillet met ’n lemoenglansuur het die spyskaart afgerond.

Op die vraag oor watter kookgeheim het sy nog met iemand buite haar familie- en vrien-dekring gedeel nie, antwoord sy: “Die geheim van ’n mooi hol vetkoek lê in die uitrol van die deeg. “As jy wil hê dat jou vethoek moet hol wees, sodat jy lekker vulsel kan insit, moet jy die deeg goed uitrol. Druk die deeg met ’n groterige koekiedrukker uit en laat dit vir vyf minute onder ’n klam vadoek staan. Trek die vetkoek aan albei kante voor jy dit bak,” sê Tannie Poppie wat op sewe jaar by haar ouma leer kook het.

Tannie Poppie vertel laggend dat sy nog nie iemand raakgeloop het wat nie van haar kos hou nie. “My man is my grootste ondersteu-ner en selfaangestelde proefkonyn. Ek toets al my nuwe kos-idees op hom, en hy gee my altyd sy eerlike opinie.

“Wanneer ek nie die land vol rondrits nie, spandeer ek kwaliteittyd saam met hom.”

Die bobaas-kok se grootste droom is om minderbevoorregte mense te leer om selfonderhoudend te wees. “Ek wil vir hulle leer hoe om ’n karige rantsoen so uit te rek dat hulle meer as een maaltyd daarvan kan maak,” sê sy. “Verder droom ek daarvan om werklose jeug op te lei om entrepreneurs te wees.”

Tannie Poppie het haar gewilde en maklike skonsresep met ons gedeel.

Bestandele:

500g bruismeel

250ml vars room

330ml Sprite (kamertemperatuur)

Metode:

1. Meng alles liggies saam.

2. Verdeel mengsel in ’n muffinpan (¾ vol).

3. Bak by 180 grade Celcius vir 120 minute.

4. Bedien met room en konfyt

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.