Taxibestuurder prop glo 40 leerders in minibus

2015-10-29 16:06

NOG ’n Taxibestuurder is dié week in hegtenis geneem nadat hy glo 40 laerskoolleerders soos sardientjies in sy minibus geprop het.

Mpumelelo Nomoyi (34) het dié leerders Donderdagoggend na die Quagga Primêre Skool in Patensie vervoer toe ’n verkeersbeampte hom op die R331 afgetrek het.

Nomoyi se inhegtenisname volg kort op dié van Hyron Bruintjies (31) wat in Augustus vasgekeer is, onder meer vir oorlading. Bruintjies het 50 leerders in ’n 15-sitplek minibus in Patensie vervoer toe hy voorgekeer is. Hy is ’n boete van R5 000 opgelê.

Volgens ’n bron, behoort die minibus wat Nomoyi bestuur het, na bewering aan ’n taxi-operateur wat deur die Departement van Vervoer in die provinsie se leerdervervoerprogram gekontrakteer is.

Hoewel die departement sulke vervoerkontrakteurs betaal om leerders te vervoer, het Nomoyi glo steeds betaling vereis van die leerders wat hy vervoer het.

Volgens Laura-Leigh Randall, Kouga se munisipale woordvoerder, is Nomoyi in hegtenis geneem op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur, die oorlading van ’n voertuig, bestuur sonder ’n geldige rybewys en vir die gebruik van ’n voertuig wat nie aan die nodige veiligheidsvereistes voldoen nie.

Dit is in hierdie stadium onbekend hoe die leerders ná sy inhegtenisname by die skool gekom het.

Nomoyi het Vrydag ’n eerste verskyning in die Hankey-landdroshof gemaak en is op borgtog van R200 vrygelaat.

“Die saak is na 24 November uitgestel vir verdere ondersoek,” sê ao. Gerda Swart, polisiewoordvoerder.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.