Tree vir tree na ’n ‘mooi glimlag’

2015-06-02 06:56
Dr Anton Botes hoop om met sy deelname aan vanjaar se Comrades genoegsame fondse in te samel om ’n “mooi glimlag” aan Amoré Compaan-du Toit te gee.  
          Foto:
VERSKAF

Dr Anton Botes hoop om met sy deelname aan vanjaar se Comrades genoegsame fondse in te samel om ’n “mooi glimlag” aan Amoré Compaan-du Toit te gee. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Twaalfjarige meisie het vanjaar die eerste tree gegee om haar droom van ’n “mooi glimlag” te bewaarheid.

Dit is waarna Amoré Compaan-du Toit die meeste uitsien - om oopmond, sonder terug-hou te kan glimlag.

Sy het van kleins af geweet sy is anders. Tot onlangs het Amoré vier ekstra tande en misvormde voortande agter die skaam glimlag wat net-net aan haar mondhoeke raak, weggesteek.

“Dit het haar nie net selfbewus laat voel nie, maar konstante pyn veroorsaak,” sê haar ma Karen.

“Met die finansiële hulp van barmhartige Samaritane kon Amoré vroeër vandeesmaand vir haar eerste operasie gaan waartydens die ekstra tande verwyder is. ’n Proses wat haar pyn aansienlik verminder het.”

Intense ortodontiese behandeling van tussen 18 tot 24 maande is die volgende stap op die lang pad na ’n “mooi glimlag”.

Plaaslike tanheelkundige tegnikus, dr Anton Botes, gaan die lang en moeilke pad tree vir tree saam met Amoré stap - of draf in sy geval.

In ’n poging om die nodige fondse vir die behandeling in te samel, gaan Anton sy deelname aan die Comrades aan Amoré opdra. Die familie beskik nie oor die nodige finansies vir ’n mediesefonds nie.

Anton self is geen vreemdeling aan Amoré se pyn nie.

“Ek het vir drie jaar intense ortodontiese behandeling ondergaan. Ek kon letterlik ’n appel deur ’n tennisraket eet. Julle kan net dink wat dit aan my selfbeeld gedoen het. Sosiaal was dit baie moeilik om te glimlag en in te pas,” sê Anton.

“Na my behandeling kon ek weer glimlag - wat ek dink ’n wonderwerk was - en kon ek weer my selfbeeld werk. Hierdie deel van my lewe was vir my genoeg motivering om ’n be-roep te kies waar ek mense in soortgelyke situasies kan help.

“Amoré is ’n pragtige meisie en om weer ’n glimlag op haar gesig te sien sonder dat wy skaam voel, is vir my genoeg motivering om die Comrades (87km) vir haar te hardloop. Ek glo die Here gaan vir ons altwee ’n wonderwerk doen.”

Vir meer inligting of om ’n donasie te maak, besoek www.facebook.com/langpadvir of www.http://compaandutoit.co.za

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.