Tsitsikamma teen miljoene opgeknap

2015-06-04 06:00
Die 100 jaar-oue Groot Boom in die Tsitsikamma-gebied van die Tuinroete Nasionale Park. ’n Nuwe ontwerp vir die hek wat lei na die plankepad by die boom, is goedgekeur.
   Foto:
 sanparke

Die 100 jaar-oue Groot Boom in die Tsitsikamma-gebied van die Tuinroete Nasionale Park. ’n Nuwe ontwerp vir die hek wat lei na die plankepad by die boom, is goedgekeur. Foto: sanparke

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Projek om een van die gewildste bestemmings in die Tuinroete Nasionale Park teen miljoene Rand op te knap, gaan uitgebrei word.

Die Tsitsikamma-gebied van die park het vroeër ’n inspuiting van R17 miljoen gekry danksy die Regering se uitgebreide openbare-infrastruktuurprogram. Die werk sal oor die volgende twee jaar afgehandel word.

“Die projek is nou uitgebrei om werk by die geskiedkundige 100 jaar oue Tsitsikamma Groot Boom in te sluit,” sê Nandi Mgwadlamba, woordvoerder van Sanparke. “ ’n Nuwe ontwerp vir die hek wat lei na die plankpaadjie by die boom is solank goedgekeur.”

Die projek maak verder voorsiening vir opknappings en verbeterings aan 17 blyplekke, die ontvangs, nuwe plaveisel en verbeterings aan die pad na die Otter-wandelpad en ’n nuwe toegangshek by Stormsriviermond.

“Nuwe administratiewe kantore behoort teen Desember voltooi te wees,”voeg Mgwadlamba by.

Volgens haar is die Tsitsikamma Groot Boom een van die gewildste bestemmings in die park. “Agter die 100 jaar-oue Outeniekwa-geelhoutboom is ’n 500 jaar oue geelhoutboom en aan die oorkant ’n 800 jaar-oue geelhoutboom wat vyf jaar gelede omgeval het,” sê sy.

Lesely Anne Meyer, bestuurder van die Tsitsikamma-gebied van die Tuinroete Nasionale Park, sê die projek skep ook werksgeleenthede. “Ons is opgewonde omdat 35% van die geld wat van die Regering se uitgebreide openbare-infrastruktuurprogram bekom is, vir salarisse aangewend mag word. Dit beteken dat ons kontrakteurs aanstel om van die werk in die park te doen.”

Die Tsitsikamma-gebied van die park en sy mariene bewaringsgebied het verlede jaar sy 50ste bestaansjaar gevier.

Dit is die begin van die bekende Otter-wandelpad. Daar is ook ’n verskeidenheid visspesies in die Tsitsikamma- marine bewaringsgebied.

Instandhoudingswerk aan die hangbrug by die Stormsriviermond-ruskamp is vroeër vanjaar afgehandel. Die brug is in 1969 gebou en sowat 77 m lank.

Nog twee brûe wat aan die hoofbrug verbind is, is in 2006 gebou. Instandhoudingswerk aan die brug word elke vyf jaar gedoen

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.