Verken die Baviaanskloof te perd

2015-06-25 06:00
Daar is tyd vir gesels so tussen die aalwyne deur.

Daar is tyd vir gesels so tussen die aalwyne deur.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BESOEKERS aan die Baviaanskloof-Wilder-nisgebied moenie verbaas wees as hulle oor die volgende paar dae ’n groep perderuiters in die kloof teëkom nie.

Dit sal Herclé van Huyssteen en sy mense wees wat aan die ­vyfde Baviaans-perderit deelneem.

Dalk is “deelneem” nie die regte woord nie? Want dit is nie ’n uithourit of kompetisie van enige aard nie. Nee, jy en jou perd toer deur die mees ongerepte natuurskoon waar baie min mense kom, tensy hulle te voet is, natuurlik. Asem in en geniet.

Die enigste voorwaarde is dat jy en jou perd ryfiks moet wees vir hierdie toer van 175 km oor ses salige dae.

Ruiters en hul perde kom Saterdag byme-kaar by die Makkedaatgrot in die westelike Baviaanskloof, die kampplek vir die eerste paar dae van die rit.

Die dag sal benut word om die perde rustig te kry in hul eie kampies (wat jy self moet voorsien) en jou eie tent op te slaan – behalwe as jy jou matras in die stoor wil neergooi. ’n Verdere opsie is ’n salige warm bed in een van die omliggende gastehuise; dit is mos winter. Maak net seker jy loop nie die stories oor vorige ritte om die kampvuur mis nie – oor alles wat seer raak tot dít wat mooier as mooi is.

Sondagoggend sal die groep vroeg roer om die dag se 30 km aan te pak – die roete is suidwaarts Matjiesfontein toe en die terugkeer na Makkedaat gaan deur Boskloof.

Maandag vat hulle die pad na Adamskraal oor die Nuwekloofpas en keer terug met die gewone viertrekroete.

Dinsdag skuif die basiskamp 20 km oos-waarts na Bo-Kloof vir die res van die week. Plek-plek word langs die rivierloop gery, soms in die grootpad, so dít is waar ons gewone Baviaansbesoekers die groep sal raakloop.

Woensdag pak hulle oom Ruben se Pas aan en die terugdraai van die dag se sirkelroete is deur ’n mooi kloof, net om Donderdag weer suidwaarts te ry om uit die ooste kampwaarts via Sewefontein te keer.

Die laaste dag is ’n korter sirkel wat Tafelkop insluit, met ’n laaste voetpad bergaf tot by die kamp. Saterdag 4 Julie se ontbyt is groettyd tot die volgende perdevakansie.

As jy nie jou eie perd kan saambring nie, kan jy een by Van Huyssteen huur vir die week. Hy sal sorg vir een wat by jou ervaring pas. Bring ook jou eie kampgoed, maar kos-maak word aan bekwame hande oorgelaat – ’n halwe baal lusern per dag (vir jou perd), en jy kry pap vir ontbyt, toebroodjies vir middagete en ’n groot ete saans – natuurlik iets soos potjiekos of braaivleis. ’n Ondersteu-ningsvoertuig dien as goed toegeruste snoepie.

Nog ’n ongewone geleentheid vir ruiters is die 7 Biome in 7 Dae-rit. Vanaf 12 Julie en weer in September bied Kareedouw se Moria-ryskool dié rit aan – ’n nomadiese perderit oor 250 km. Hulle spring weg naby Heidestrand aan die Oos-Kaapse kus, en ry deur sewe biome via Kareedouw, die Tsitsikamma-, Zuuranys- en Kougaberge, die Baviaanskloof en Winterhoekberge om uiteindelik deur die Karoo te ry. Hulle draai terug via Steytlerville en die Grootrivierpas na Patensie in die Gamtoos­vallei.

Begin solank salf smeer. Hier kom pêrre!

. Vir meer besonderhede, of as jy dalk nog wil saamry, skakel Herclé van Huyssteen by 082 925 9301

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.