Vliegstorie (Opgedra aan ’n redery sonder ’n battery)

2015-08-06 06:00
Jannie Hough
Photo:

Jannie Hough Photo:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

EK is nie buitengewoon lief vir vlieg nie.

Dit bly vreemd dat tonne staal plus honderde passasiers soos ’n arend deur die lug sny en só die swaartekragwet troef. Dit wys jou: “wetenskaplike feite” is nie altyd geverifieerde, gesistematiseerde kennis nie. Daarom gryns ek soms sinies oor die onaantasbaarheid van die wetenskap.

Ek het so ’n klompie tienduisende kilo’s op my kerfstok, en voorverlede week was dit weer so – nou nie juis met Virgin nie, maar met ’n ander – Uhp -- goedkoper lugredery. Ek verklaar openlik dat dit nag was – letterlik en figuurlik. Die 2.45-vlug vertrek toe later, heelwat later. Sewe uur later, om presies te wees.

Die beamptes deel vir elkeen ’n voedselbewys uit. Niemand wil weer deur al die hekke en versperrings nie en ons koop sommer by ’n eetplek binne die vertreksaal. Ongelukkig bederf die konsessiewinkel (fênsie vir “francise”) die mooi gebaar en vra ons die hele frisserige bedrag vir ’n kartonnetjie koffie en ’n toebroodjie.

Na lange ure prewel ’n vroulike lughawebeampte iets van “nuwe plekke bespreek.” Dié wat naby haar staan, ontsyfer haar boodskap (wat het van elokusie geword?). Ek en vroutjie suiker met ons pakkasie terug deur die hekke tot by ’n venster in die buitelokaal. “Die osse stap aan deur die stowwe, geduldig, gedienstig gedwee...” (dankie JFE Cilliers, vir jou profetiese blik). Ellelange ry. Jy staan, jy buk, jy buig, jy kners. Toe ons eindelik die venster bereik, hoor ons: “You don’t have to book again.”

Ek glimlag meewarig, maar moet erken - dit gee jou nogal die hiebie jiebies. Terug vertreksaal toe. Baie, baie later hoor ons die vliegtuig se battery is poegaai. Wag. Wag. Toe ’n vliegtuig van dieselfde redery opdaag, het neurose plek gemaak vir amperse psigose: Sê nou maar, sê nou maar..?

Die vliegtuig is bra antiekerig. Eindelik die naglug in. Die landing by OR Tambo: ’n loods se woorde, “Every landing is a controlled crash,” kry nuwe betekenis. Die ou kerklied “Straf tog nie in ongenade ons misdade” is nooit vêr van jou gedagtes af nie. En jy vra jouself: “Is goedkoper kaartjies regtig die trauma werd?”

Maar omdat jy op ’n kontinent woon waar moeggeploegde stralers opgedollie en ge-panelbeat en dan elders aangewend word, antwoord jy “Ja.” ’n Dag of wat later maak ’n vliegtuig van dieselfde redery so roeriewaar ’n noodlanding op die einste plek waarvandaan ons vertrek het.

Tog vlieg jy weer met dieselfde redery na jou bestemming terug en sê: “Mog het troffe.” En – mirakel! – jy leef om die storie te vertel.

Aprèz moi, le deluge. Een of ander tyd moet die pôpô die fên slaan. Maar ons twee is veilig.

Iemand fluister bekommerd in jou oor: “Sabotasie?” En jy waai hom soos ’n lastige vlieg weg: “Sabotasie? Nie in ONS land nie!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.