Watertekort Kouga se voorland

2015-04-30 17:21

TEEN die huidige waterverbruik uit die Nelson Mandelabaai se opgaardamme word ’n tekort aan water vir Oktober 2016 voorspel.

Dié waarskuwing is vroeër vamdeesweel deur Walter Shaidi, uitvoerende direkteur van infrastruktuur en ingenieurswese van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, op ’n vergadering tussen ’n parlementêre gekose komitee en die munisipaliteit gerig.

Die Kouga-munisipaliteit ontvang die oorgrote meerderheid van sy water van die Metro.

Die besprekingspunt op dié vergadering was die dringende opgraderingswerk aan die Nooitgedacht-skema wat meer water uit die Gariepdam na die metropool sal bring.

Tog sal dit volgens Shaidi minstens R365 miljoen kos om dié werk te voltooi en die metro-munisipaliteit het nie die geld daarvoor nie. Intussen sal waterbeperkings binnekort in die me-tropool ingestel word om te verhinder dat die metro ’n waterte­kort ondervind, het hy gesê.

“Met die metro wat reeds in Januarie vanjaar sy kwota uit die Mpofu-dam oorskry het, sal hulle baie versigtig die water, wat nog tot hul beskikking in ander opgaardamme is, moet gebruik,” het Pierre Joubert, hoofbestuurder van die Kougadam naby Patensie, gesê. “Die metro is ook baie naby aan die einde van sy kwota wat die Churchill-dam betref.”

Die volle koste van die Nooitgedacht-skema is oorspronklik op R800 miljoen geraam en is toe in fases verdeel weens die tekorte aan geld.

“Die fase 1- noodsaaklike werk het sewe kontrakte van R560 miljoen behels.

“Die drie fase 2-kontrakte is toegeken teen ’n koste van R110 miljoen met konstruksie wat hierdie maand moet begin.

“Die vier fase 3- en finale kontrakte om die finale skema aan te vul en te voltooi tot ’n behandeling en oordragkapasiteit van 160 megaliter per dag, is gereed vir tenderprosesse, maar tenders kan nie aangevra word nie weens die metro se ernstige geldtekorte,” het Shaidi gesê.

Kouga munisipale woordvoerder Laura-Leigh Randall sê: “Die munisipalitiet koop water by die Metro en sal dus waterbeper-kings instel wanneer die Metro dit doen. Die Raad moet eers toestemming gee. Ons doen ’n beroep op inwoners om water spaarsamig te gebruik, al is daar nog nie amptelik waterbeperkings nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Jordaan missing in action

2016-09-25 00:00

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.