Weldoeners sorg vir sprokies-matriekafskeid

2015-06-25 06:00

WAT aanvanklik begin het as ’n hulpkreet om vir een aspoestertjie n sprokiesmooi matriekafskeid te gee, het binne minute ’n streekwye geroep laat opgaan.

Amber Vorster - eienaar van die Haasbekkies Dagsorgsentrum in Kruisfontein, Humansdorp - wou graag die dogter van ’n werknemer wat in Augustus 2014 oorlede is, help om haar matriekafskeid-droom te bewaarheid. Daar was net een probleem: sy is nie finansieel daartoe in staat nie.

Vorster het ’n hulpkreet op ’n plaaslike Facebook-groep gedeel. Minute later, het hulp van regoor die gemeenskap ingestroom.

Van sakelui tot gewone inwoners het ’n bydrae gelewer vir uitrustings, vervoer, grimering, hare, foto’s en selfs verblyf. So-veel so, dat die matriekafskeid-droom van vier leerders van die Humansdorp Sekondêre Skool bewaarheid is.

“Die leerders wat weens hul omstan-dighede nie hul matriekafskeid sou kon bekostig of bywoon nie, kon nou hul groot dag (24 Junie) geniet,” sê Vorster.

“Dit is vir my ‘n groot eer om deel te wees van hierdie gemeenskap. Baie dankie vir elkeen wathulp aangebied het.”

Volgens Vorster is daar nog talle behoef-tige leerders van regoor die Kouga wat hulp nodig het.

“By die Lungiso Sekondêre Skool in Humansdorp is daar nagenoeg 33 leerders wat nie kan bekostig om hul matriekafskeid in Augustus by te woon nie. Leerders van die Patensie Sekondêre Skool, wie se afskeid einde September plaasvind, het ons ook om hulp genader,” sê Vorster.

Vorster sê: “’n Matriekafskeidrok of -pak is elke matriekleerder se manier om aan die wêreld te wys sy of hy is ’n prinses en prins. Ons sal graag meer rokke by die publiek wil insamel om méér leerders te help.

“Dit vat deesdae meer as om net daardie spaarvarkie oop te breek om by ’n matriekafskeid op te daag. Rokke en pakke is deesdae onbekostigbaar.”

Volgens Vorster het God haar met ’n doel op die aarde gesit. “God is so goed vir my. Ek sal alles in my vermoëns doen om die kinders te help.”

“Ek doen dit nie om ryk te word nie; ek wil net hê die kinders moet ’n onvergeetlike dag hê.”

Inwoners wat ’n bydrae wil lewer - hetsy rokke, pakke, grimering, vervoer, hare of verblyf - kan Vorster by 073 838 5868 skakel

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.