‘Al die eksamens is nou klaar . . .’

2016-11-24 06:02

OP skool het ons altyd gesing: “Al die eksamens is nou klaar, joe-gai-die, joe-gai-da, nou begin die pret voorwaar!”

Dit was natuurlik in die tyd van kolonialistiese onderdrukking. Eksamen – stel jou voor! In daardie stupid, donker Middeleeuse jare moes jy buig soos ’n biesie en léér. As jy dit reg gedoen het, was dit cum laude; as jy te lui was, was dit cum back. Soveel onderdrukking! Soveel Westerse dekadensie!

Ek onthou as jy bv. Sielkunde as hoofvak gehad het. Eerste jaar 5 vakke. Tweede jaar 4. Derde jaar 2. Elke jaar toetse en referate. Elke jaar twee vol eksamens: Junie en November. Elke eksamen oor die hele jaar se werk. Derde jaar Sielkunde: in November drie 3-uur vraestelle oor al die werk vanaf Februarie. PLUS – Jy verskyn as enkeling voor vier sielkundiges en een psigiater individueel – en hulle braai jou oor elke aspek van die Sielkunde. Koekoes, sê ek vir jou! Hoekom ’n arme student so traumatiseer? Dan kom die ander hoofvak ook nog by. En as jy ongelukkig was om ’n PUK-student te wees, moes jy nog Versinsel- en Sinodeleer 11 slaag voor jy graad kon kry. Klomp nonsens, man! Op óns vasteland het ons nie sulke tirannie nodig nie.

  • M.

Natuurlik kan daar probleempies opduik as daar nié eksamen is nie. As die medikus vir sy laaste klompie jare nie geëksamineer is nie, kan hy dalk vir die pasiënt ’n onskuldige vragie vra voor hy hom opereer, iets soos: “Meneer, is dit die eerste keer dat jy jou blin-dederm laat verwyder?” Of so iets – ’n vraag waaroor jy jou nie hoef te bekommer nie.

Ék natuurlik, synde van die ou skool, sal soos ’n geelslang van die teatertafel afseil, en al die hospitaalpersoneel, vanaf die chirurg tot by die skoonmaker, sal my nie gevang kry nie. As hulle my soek, sit ek in my teaterjurk op die hoogste punt van die hospitaaldak. En ek soek nog die ou wat my daar sal afkry.

Maar dis natuurlik ék. Almal is nie so neuro-ties nie. Ander ouens sal dalk vir die sny-dokter vriendelik “ja,” of “nee” antwoord; en as hy hom weer kom kry, word hy met ’n allerverskriklikste keelseer wakker: omdat die nie-geëksamineerde dokter sy blindederm deur sy keelgat probeer verwyder het. (Hy het gemeen dit is die skoonste roete na die appendiks: dit laat glo nie merke op die vel nie, verduidelik hy).

Of ’n ander scenario: Die Engels-juffrou vra vir die bloedjies om ’n werkstuk oor “beds” in te handig. Die een outjie skryf iets groots – kompleet met prente van dubbel-, enkel-, hemelbeddens. Sy kry haar werkstuk terug met ’n groot 0% bo-aan. “Hoekom?” vra sy huilend. Antwoord juffrou: “Because I said “beds” (en sy fladder haar arms soos ’n voël) – “beds that fly!” Waarop ek sê: So what? – die juffrou het maar net nie haar elokusie-eksamen afgelê nie. Sy dink jy is simpel as jy die “i” van birds uitspreek soos die “i” in “sirs.”

Ek weet njanniesvan ’n tandarts wat die naald so geposisioneer het dat, toe hy binne-in die mond wil spuit, toe trek die straal dwarsdeur die stomme pasiënt se wang tot teen sy oor. Kom nou, julle eksamen-beheptes – moenie hom kritiseer nie. Almal maak foutjies. Mens moet die arts net reg aanwend: laat hy op sy plaas gaan werk waar hy beeste kan inspuit. Maar moenie kleinlik wees en hom keer as hy tandarts wil word nie. Dis onderdrukking.

Ag, pleeze, al die hogere onderwysinstellings – gee elke ou ’n kans. Gee tog toe as ons julle so mooi vra, en laat ons ophou tydmors en universiteit toe gaan. Die verligte wêreld waarin ons leef, vra nie so baie nie: net dat elke matrikulant universiteit toe gaan as hy wil; dat alle fooie afgeskaf word; dat ons ’n sillabus volg wat ons kultuur pas; dat eksamen verdwyn. As ons opskud, kan alle studente binnekort in hul lugverkoelde koshuiskamers lê en sommer in hul pajamas aanlyn klasloop. Die horingdroë proffies se kennis kan op grappige en aanskoulike wyse op internet gelaai word. En as ontspanne studente hulle zolle wil draai en ’n knertsie uit hul uh-waterbottels wil drink, luister hulle sommerso in ontspanne luim na die lesings. En as die jaar verby is, doen hulle volgende jaar weer dieselfde....tot hul studiesjare verby is, en dan word hul doodeenvoudig in die arbeidsmark ontplooi. Hoekom nog tyd mors en jong lewens verskrik met eksamens? Eksamens? Ek vra jou – in hierdie eeu van Google?

En as hulle nou en dan ’n foutjie in die werks-plek maak, wat daarvan? Ons is gans te ernstig oor sulke dinge!

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.